Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Komani-Karoo
Burgemeester van CHDM besoek Cradock

DIE Chris Hani Distriksmunisipaliteit (CHDM) se burgemeester het verlede week nie vir ’n geskeduleerde vergadering met Cradock se water- en rioolverbruikers opgedaag nie, maar het ’n dag daarna, saam met 19 ondersteuners vanaf Komani, sy verskyning gemaak.

By die aanvanklike vergadering was Cradockers oorgehaal om probleme te bespreek soos die watervoorsiening en die nie-werkende rioolplaas, sowel as die feit dat CHDM 77% van hul kontrakte aan tenderaars buite Cradock toeken word. Ook dat ’n bedrag van R127m wat hulle ontvang het vir verbeterings in die gebied, aan die tesourie terugbetaal moes word omdat dit nooit aangewend is in enige van die agt dorpe onder CHDM se bestuur nie.

Strome gesuiwerde water wat byna daag-liks in een of ander straat in die dorp afstroom, sou ook op die agenda wees.

Daar is ook gesê dat inwoners van Bergsig, Hillside en soms ook ander woongebiede, gereeld vir tot ses dae op ’n slag sonder water is terwyl die plaaslike gevange-nis, waar 36 jong oortreders wat een sel met slegs twee toilette deel, partykeer vir vier tot vyf dae nie water het nie.

Van die beplande vrae het egter niks gekom nie, want burgemeester Wonga Gele het aangekondig dat hy slegs op aangeleent-hede wat in die petisie wat op 18 Desember 2019 ingedien is na ’n optog oor dienslewering, sal antwoord.

Gele het Cradock se waterprobleme grootliks blameer op kragonderbrekings en beurtkrag en die feit dat die suiweringsaanleg so hoog geleë is.

“Oor die bewering dat al die dorp se rou riool in die Visrivier afvloei, kan ek julle verseker dat die rivier periodiek deur wetenskaplikes gemonitor word.

“Daar is groot planne om die gebied op te gradeer, maar dit sal nie binne die volgende vier jaar kan geskied nie,” het hy gesê.

Oor die gebrek aan watervoorsiening was Gele onder die indruk dat CHDM gereeld gedurende die afseisoen in Mei en Junie, die voor uit die rivier tot by die opgaardamme skoonmaak.

Maar Cradock se gemeenskapsforum het in werklikheid hierdie taak op hulle geneem aangesien die voor, wat feitlik totaal toegegroei was, die afgelope vier jaar nog geen aandag gekry het nie.

In verband met die filtrasieplant het Gele gesê dat hierdie toestel tans teen 17.1 ml per dag werk en dat 6.9 ml per dag voorsorg maak vir toekomstige ontwikkeling.

“Alhoewel die filtrasieplant ontwerp is vir 24ml per dag, beteken dit nie dat hy teen volle kapasiteit moet werk nie.” In verband met die pyplyne was hy onder die indruk dat roetine-onderhoud gereeld gedoen word maar dat die pompe nie die ekstra kapasi-teit kan hanteer nie.

Op ’n punt dat die infrastruktuur oud is en uitmekaar val, het Gele verduidelik dat CHDM tenders gevra het vir professionele diensverskaffers wat kan help met die ont-wikkeling van Cradock se grootmaat infrastruktuur vir water en sanitasie. Vir onmiddellike verligting word roetine onderhoud gedoen voordat die hele stelsel op die lang duur verbeter word.

“Dit is ook ’n feit,” het hy gesê, “dat groot nuwe uitbreidings verbind is aan die huidige rioolstelsel en dat dit soms die stelsel ooreis.”

Die vergadering is ontwrig toe al die belastingbetalers en verbruikers opgestaan het en die saal voor die einde van die vergadering verlaat het.

  • Vrydag, enkele ure ná die vergadering, het verbruikers in dele van Cradock, insluitende die gevangenis, weer met waterlose krane gesukkel. CHDM het Sondagmiddag ’n watertrok na Cradock gestuur.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Komani-Karoo Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.