Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Komani-Karoo
Cradock hou weer Skrywerfees

Die jaarlikse organiseerders van die Karoo Skrywerfees op Cradock bied eerskomende naweek wat beskryf word as ‘n ‘klein en veilige’ fees aan.

“Breek bietjie weg en kom geniet die Karoo. Ons belowe baie spasie, vars lug, nuwe idees, streekkos en warm gasvryheid binne ‘n raamwerk van nougesette gesondheidsprotokol,” sê Lisa Ker, een van die organiseerders.

Dr. Dean Allen
Dr. Dean Allen. Photo: Facebook

Van die werkswinkels wat die naweek gaan plaasvind sal belangstellendes onder meer kan leer oor die 14 elemente wat vereis word vir goeie storie, aangebied deur die baie suksesvolle skrywer en fotograaf egpaar, Chris Marais en Julie du Toit, terwyl Melina Smit ‘n werkswinkel oor liedjieskryf-kuns sal aanbied.

Daar word vanjaar, vir die eerste keer in die fees se bestaan, ook ‘n virtuele program gemik op ‘afwesige vriende’ aangebied. Belangstellendes kan van 14:00 daarna luister met ‘n skakel wat verkry word deur op die Karoo Skrywersfees se Facebook-blad in te gaan.

Ander praatjies waarna oor die naweek geluister kan word, is David Hilton Barber oor sy boek oor die 1820 setlaars, Cristal Warren van Amazwi Literatuurmuseum in Makanda, oor die lewe en werk van JM Coetzee wat tans by die Schreiner-huismuseum in Cradock uitgestal word.

Vrydagaand word ‘n gesellige straatmark van 16:00 af aangebied voordat die huiskonsert by Karoo Brew afskop.

Saterdagoggend se sprekers  in die tuin van The Shed sluit in Vivian de Klerk oor haar boek Not to Mention, Tony Jackman wat oor ‘n paar van die ongepubliseerde oomblikke van gebeure in sy koskolomme in The Daily Maverick sal gesels en dr. Dean Allen wat plaaslike stories - wat hy op Cradock ontdek het - sal vertel.

Voor die tipiese Karoo-aandete waarmee die fees Saterdagaand afgesluit gaan word, sal Chris Marais en Julie du Toit hul nuutste boek, Karoo Roads, bekendstel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Komani-Karoo Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.