Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Karoo Express
Drieling se grootmaak is daaglikse stryd

OM vir 17 jaar ’n weduwee te wees en jou twee kinders op ’n enkelsalaris groot te maak, is nie maklik nie.

Voeg daarby ’n kleinkind en ’n pleegkind wat die laaste vier jaar ook by jou woon en dis maklik om te besef dat Doris Sengeni (52) van Cradock finansiëel swaar trek.

Sewe maande gelede het haar finansiële las swaarder geword toe haar dogter (18) die lewe aan drieling seuntjies geskenk het.

Die Sengeni-huisgesin, in ’n klein HOP-huisie in Sikulustraat, Atlanta, bestaan nou uit Doris, die broodwiner; haar 18-jarige dogter in gr. 10 by JA Calata Senior Sekondêre Skool; ’n pleegkind (15) in gr. 7 by dieselfde skool; ’n kleinkind (6) in gr. R en die drieling, Yamkela, Yamkelani en Simbongile, wat nou sewe maande oud is.

“Ons het al die tyd gedink dis ’n tweeling, maar toe die dokter met die laaste skandering sê dis ’n drieling en ons moet dadelik Port Elizabeth toe gaan vir ’n keisesnee, het ons groot geskrik,” het Doris vertel.

“Die babas is egter natuurlik gebore en dit het baie goed gegaan,” het sy gesê.

Doris se dag begin elke dag om 04:00 wanneer sy eers haarself vir werk, en dan die drieling gereed kry om speelskool toe te gaam. Die taxi, wat sy self moet betaal, laai haar 06:00 op sodat sy 07:00 betyds vir werk by die Elizabeth Jordaan-tehuis kan wees.

Die drieling se ma verlaat dan die huis 07:00 om hulle by die speelskool te kry, sodat sy dan 07:45 by die skool kan wees. Doris moet R150 vir ’n vrou betaal wat daagliks help om die kinders skooltjie toe te dra, aangesien hulle nie ’n stootwaentjie het nie.

Die kinders het ook nie bababedjies nie. Twee slaap by hul ouma op ’n dubbelbed en die derde een slaap by sy ma.

Die hoeveelheid doeke en melk wat die seuntjies maandeliks gebruik, is baie duur, maar Doris voer hulle tussenin met mieliemeel en skorsies as sy kans kry.

“Ek moet ook R200 per kind per maand vir die crèche betaal, dit is die helfde van die child pay,” het sy verduidelik.

“Elke keer as die kinders kliniek toe moet gaan vir inspuitings of ondersoeke, moet ek ’n kar huur wat my R100 kos, en dan praat ek nie eers van klere vir die kleintjies nie,” het sy bygevoeg.

Doris sê sy wou so graag aanbou aan haar huis, maar met die kinders is dit nou nie meer moontlik nie. “Ons eet maar hoofsaaklik mieliemeel, rys en aartappels. Van ’n stukkie vleis is daar glad nie sprake nie,” het sy gesê.

Daar was vanjaar ook nog net nie geld om skoolfooie van R150 elk vir die twee groter kinders te betaal nie.

Op navraag by Maatskaplike Dienste is bevestig dat, indien Doris die drieling in pleegsorg kan neem, sy ’n toelae van R980 per kind per maand kan kry. Dit is egter ’n hofproses wat eers goedgekeur sal moet word.

  • Om hulp aan te bied, kontak Mid-Karoo Express by midkaroo@media24.com.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Mid-Karoo Express Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.