Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Komani-Karoo
Gareth kwalifiseer vir wêreldkampioenskap

CRADOCK se kampioen-atleet, Gareth Vorster, het sy 2019 sportjaar op ’n baie hoë noot begin en dit lyk of hy vanjaar die kroon gaan span oor al sy vorige prestasies.

Een van die hoogtepunt is toe hy in Mei gehoor het dat hy uitgenooi is om van 1 tot 8 September in Boedapest, Hongarye aan die wêreld moderne vyfgangkampioenskappe vir junior en senior mans deel te neem.

Gareth se eksamen by NMU bots egter met die junior-kompetisie, maar hy is een van vier Suid-Afrikaners wat aan die streng internasionale kriteria voldoen en genoeg punte versamel het om aan die wêreldkampioenskappe deel te neem. Sy prestasies vanjaar het al op 2 Februarie begin toe hy in die interprovinsiale tweekamp-kompetisie in Oudtshoorn ’n goue- medalje in die mansafdeling behaal het.

Van 28 Februarie tot 2 Maart het hy aan die Afrika moderne vyfkamp vir senior mans (hardloop, swem, laser-pistoolskiet, perdespring en skerm) deelgeneem en het net na die SA kampioen, wat vierde was, geëindig.

Op 29 Maart het Gareth ’n dag na sy 21ste verjaarsdag die eerste keer as senior man deelge-neem aan ’n tweekampkompetisie in Port Elizabeth. Hier het hy ’n silwermedalje verower.

Van 8 tot 13 April het Gareth aan die Suid Afrikaanse nasionale swem-kompetisie in Durban in beide die junior- en senior-afdelings deelgeneem. Hy het ’n silwermedalje in die 50m rugslag in die junior-afdeling ingepalm.

Van 2 tot 4 Mei het hy in Pretoria aan die junior-afdeling van die Suid-Afrikaanse moderne vyfgang deelgeneem waar hy ’n silwermedalje verower het.

Op 5 Mei, ook in Pretoria, het hy ’n silwer- medalje vir junior mans in die Suid Afrikaanse laserskiet-wedloop behaal.

Nog steeds in Pretoria het hy die aand van 5 Mei, tydens die Suid Afrikaanse moderne vyfgang se jaarlikse toekennings, twee silwermedaljes en ’n trofee vir die beste swemmer van alle ouderdomme by die SA kampioenskappe van 2019 verower. Gareth is die jongste seun van Dan en Jeanne Vorster, albei onderwysers van Cradock, en het in 2016 aan die Hoërskool Cradock gematrikuleer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Komani-Karoo Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.