Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Komani-Karoo
Geen water, krag in Cradock laat inwoners warm onder die kraag
'n Waterlek in een van Cradock se strate. Foto: Ve
'n Waterlek in een van Cradock se strate. Foto: Verskaf

Sommige inwoners en sakelui van Cradock sukkel reeds 'n volle week met water- en kragprobleme.

Hulle is nou op moedverloor se vlakte en as gevolg van die probleme wat reeds op 8 Maart begin kop uitsteek het, het heelwat besighede ook 'n verlies aan inkomste gely.

'n Waterlek in een van Cradock se strate. Foto: Ve
Foto: Verskaf

Die jeuggevangenis net buite die dorp, waar 400 jong gevangenes in selle van meer as 30 mense - met slegs twee toilette elk - aangehou word, was vanaf Maandag, 8 Maart die swaarste getref. Hulle krane was vir sewe dae aaneen leeg en alhoewel Chris Hani-distriksmunisipaliteit (CHDM) op Woensdag, 10 Maart en weer op Vrydag, 12 Maart watertenks hierheen gestuur het, het dié water nie een van die 36 woonstelle of 10 woonhuise van die personeel op die terrein bereik nie.

Volgens Wilhelm Smit, bestuurder van ‘n motorhawe en kafee langs die ingang vanaf Middelburg, kon hulle nie eers koffie vir reisigers aanbied nie. "Die toilette en storte moes ook weens 'n gebrek aan water gesluit word. 

“Ek is ook 'n bouer van beroep en het vir twee dae nie eers water gehad om sement mee te meng nie,” het hy vertel.

Diereliefhebbers moes ook water na die Diereskuiling toe aanry.

Op 'n stadium was daar 12 strate in die dorp waar huise se krane leeg was. Huisvroue in die hoogliggende dele van die dorp, die sogenaamde Spoorwegkamp, en dele van Michausdal het gesukkel met kinders se skoolklere wat nie gewas kon word nie. “Almal van ons kan nie JoJo-tenks bekostig nie en baie van ons het nie motors om in die dorp te gaan water koop nie,” het een moedelose vrou gesê.

LEES OOK: Agri OK raak betrokke by 'riool-stryd'

Volgens Bulelwa Ganyaza, Chris Hani-distriksmunisipaliteit se woordvoerder, is die probleme in die industriële gebied en die jeuggevangenis hoofsaaklik veroorsaak deur 'n klip wat die sogenaamde Oukop-pomp beskadig het.

“Vandale is baie aktief in daardie gebied en hulle optrede veroorsaak baie probeme met die water,” het sy gesê.

Maar vir inwoners van Bergsig, Michausdal en ander hoërliggende dele van die dorp is droë krane glo 'n algemene verskynsel.

Chris Hani-distriksmunisipaliteit het in Julie 2014 die voorsiening van water, asook riooldienste van die plaaslike Inxuba Yethemba-munisipaliteit weg geneem.

Rioolstortings in die Groot Visrivier, asook in sommige woongebiede en waterlekke is 'n algemene gesig in die dorp.

LEES OOK: Hofsaak teen Chris Hani oor Cradock se riool

Net ná die waterprobleme begin verbeter het, het Bergsig, die Spoorwegkamp, gevangenisterrein en groot dele van die dorp vir etlike ure kragonderbrekings gehad. Dit was bo en behalwe die daaglikse beurtkrag wat deur Eskom ingestel is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Komani-Karoo Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.