Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Komani-Karoo
Geurige muffins van Karla Taljaart
Geurige muffins gebak deur Karla Taljaart. Foto: Verskaf

Probeer gerus hierdie resep vir geurige muffins, deur Karla Taljaart

Bestanddele:

500ml meel

15ml bakpoeier

5ml sout

2,5ml koeksoda

2,5ml paprika

2,5ml mosterdpoeier

5ml tiemie

15ml grasuie

15ml fyngesnyde groenpeper

1 murgpampoentjie, gerasper

2 koppies gerasperde kaas

250ml bulgaarse jogurt

2 eiers

60ml gesmelte botter

Metode:

Sif meel, bakpoeier, sout, koeksoda en speserye saam.

Voeg tiemie by, ook kaas, grasuie, groenpeper en pampoentjie.

Meng jogurt, eiers en gesmelte botter.

Meng liggies met droë bestanddele tot net aangeklam.

Skep lepelsvol in muffinpanne en bak by 200° C vir 25 minute tot gaar en bruin.

Geniet dit met botter of soetrissie- roomkaas.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Komani-Karoo Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.