Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Komani-Karoo
Gratis serpe op 'n heining vir minderbevoorregtes
Serpe is opgehang en dié wat een wou hê om teen di
Serpe is opgehang en dié wat een wou hê om teen die koue te beskerm, kon dit vat. Foto: Verskaf

Kleurvolle serpe en mussies hang oor 'n heining...vat gerus vir jou een, dis gratis! 

Op Woensdag, 6 Julie was die temperatuur laag - die perfekte dag vir die groot serp-oorhandiging in Cradock. Nie alleen was dit die koudste dag van die jaar nie, maar dit was ook die dag waarop maatskaplike toelaes uitbetaal was en minderbevoorregte, ouer mense na die dorp gestroom het om hul geldjie te kom haal.

Cradock se serpprojek was gister geloots en daar was groot opgewondenheid en dankaarheid toe pensioenarisse langs die roete wat hulle dorp toe gebruik, elk 'n lekker warm serp kon afhaal om te dra.

Die projek was deur 'n paar vroue van dié dorp begin wat iets vir hul medemens wou doen. Aanvanklik sou die vroue op 'n Saterdagmiddag bymekaar kom vir 'n koffie en saam sit en serpe brei vir dié wat nie het nie. Maar die COVID-19-pandemie het 'n stokkie daarvor gesteek en uiteindelik het elkeen maar by sy eie huis gebrei.

'n Versoek vir bydraes op sosiale media het 'n hele paar serpe ingebring, maar daar was 'n paar vasbyters wat lang stukke gebrei het. Een van dié vroue, wat nie haar naam genoem wil hê nie, is 'n 84-jarige pensioenaris wat op haar eie 110 serpe - elk 1.4 meter lank - gebrei het. 

Sy was baie verbaas om te hoor dat as sy al haar serpe bymekaar sou sit, dit meer as 1.5km lank sou wees. “Ag, dis geen prestasie,” het sy gesê, “ek doen dit net vir terapie vir die oudword-proses.”

Daar is uiteindelik 192 serpe en ‘n paar gebreide musse bymekaar gemaak, wat gister op drie plekke teen huise se tralies op die pad dorp toe gehang is. Mense kon hulle self help en kies watter een hulle wil hê.

“Dit was baie lekker om dit te doen en mense te sien wat opgewonde is oor 'n geskenk en so lekker warm kry wanneer hulle die serp aansit,” het een van die vroue wat serpe gehekel het, agterna gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Komani-Karoo Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.