Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Komani-Karoo
Hofsaak teen Chris Hani oor Cradock se riool

CRADOCK se besigheids- en gemeenskapsforums, sy inwoners en boere langs die Groot Visrivier, wat al jare lank spook teen besoedeling van die rivier, gaan nou ondersteun word deur die departement water en sanitasie.

Andrew Lucas van dié departement wat verantwoordelik is vir waterregulasies in die Oos-Kaap, het bevestig dat ’n hofsaak oor die besoedeling teen Chris Hani-distriksmunisipaliteit (CHDM) en Inxuba Yethemba-munisipaliteit (IYM) aanhangig gemaak gaan word.

“Die saak word nou deur ’n hoër gesag hanteer en ons vertrou dat die saak opgelos sal word,” het hy gesê.

Volgens Lucas het sy departement al sedert Oktober 2016 verskeie amptelike instruksies dat die besoedeling stopgesit en die gebied herwin moet word, aan CHDM gestuur. Omdat daar geen aandag aan die probleem gegee is nie, het die departement in die Oos-Kaap nou die saak na sy hoofkantoor verwys.

Volgens Lucas het hulle ’n omgewingsinspekteur na Cradock gestuur om die saak te ondersoek. Hy het bevind dat die rioolaanleg buite Cradock heeltemaal toe is en dat daar slegs twee veiligheidsbeamptes, maar geen munisipale amptenare, by die aanleg was nie. Hy kon ook bevestig dat riool deur die aanleg en weer reguit in die rivier loop.

Volgens sy verslag is die probleme by die rioolaanleg meganies van aard en aangesien geen van die toerusting reg werk nie, borrel rou riool ook by verskeie plekke soos mangate, uit.

Ná ’n onlangse besoek van die DA se Retief Odendaal het hy ook bevind dat die meeste van die aanleg se pompe en borselbelugters gedaan is.

Chris Hani-distriksmunisipaliteit, wat verantwoordelik is vir die behandeling van Inxuba Yethemba se riool, het blykbaar nie geld of die vermoëns om die probleem op te los nie. Odendaal het besluit om die hulp van die Groen Skerpioene in te roep en die probleem op dié manier op te los.

“Die gesondheid- en omgewingsrisiko vir die plaaslike gemeenskap is onberekenbaar,” het Odendaal in sy brief aan die Groen Skerpioene gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Komani-Karoo Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.