Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Komani-Karoo
Ikoniese Graaff-Reinet-standbeeld gevandaliseer

DIE engel wat waghou oor Engelpark tussen die stadsaal en die ewe bekende NG Grootkerk is skielik minstens een groot gegrafeerde koperplaat kwyt, asook kleiner dekoratiewe koper- afwerkings.

“Dis is eintlik nie ’n engel nie, maar die Griekse godin van oorwinning in tye van oorlog en vrede,” verduidelik Brian Hough, voorsitter van die dorp se plaaslike erfenisstigting.

Graaff-Reinet is die vierde oudste dorp in die land, en die meerderheid inwoners is baie trots op die geskiedkundige skatte in dié gewilde toeristebestemming.

Die standbeeld is opgerig ter nagedagtenis aan soldate uit dié distrik wat in die Eerste Wêreld-oorlog gesneuwel het, en is op 7 November 1923 deur sy koninklike hoog-heid, prins Arthur van Connaught, kleinseun van koningin Victoria onthul.

“Die standbeeld is eintlik een van die munisipaliteit se waardevolste skatte,” meen inwoner Leonie Fouché, wat Vrydag op pad huis toe ná werk skielik tweekeer moes kyk toe sy opmerk dat daar iets met die standbeeld skort.

Ook Nicola Woods, voormalige organiseerder van ’n gemeenskapsmark wat in dié park gehou is, is ontsteld oor die skade wat aangerig is.

“Ek het lankal voorgestel dat iets gedoen word om die park te bewaar,” sê sy.

“Mense gooi gemors en koshouers om die standbeeld terwyl hulle op die trappies sit en eet, en daar word selfs teen die standbeeld ge- urineer.”

Anziske Kayster, bestuurder van die Graaff-Reinet Museumkompleks, is van mening dat die bewaring van alle Suid-Afrikaanse erfenis- skatte prioriteit moet geniet.

“As erfenispraktisyn en navorser het ek ondervind dat die verlede altyd weer relevant raak, of dit oor 10 jaar of ’n duisend jaar is.

“Dit word beinvloed deur die betekenis wat ons aan erfenisprodukte op sekere momente in tyd heg.

“Wanneer ons erfenisprodukte vernietig, vernietig ons nie net bewyse van die verlede nie, maar ook die moontlike respek en verdraagsaamheid wat ons vir mekaar behoort te hê.

“Dit sorg vir verdere verdeelheid en verdere spanning in die toekoms. Dit bygesê as die vandalisme ’n politieke motief gehad het.”

Volgens Hough sal die erfenisstigting ná afloop van ’n volledige ondersoek na die omvang van die skade die saak onder die polisie se aandag bring.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Komani-Karoo Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.