Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Komani-Karoo
KYK: Bibberweer tref Oos-Kaap met koudste nag dié jaar
Tot swembaddens in Cradock was 'n blok ys, met dié
Tot swembaddens in Cradock was gevries, met dié twee woefies wat op die ys staan en nader ondersoek instel na dié vreemde verskynsel. Foto: Verskaf

Alhoewel die middel van die winter reeds op 20 Junie was, het verskeie Oos-Kaapse dorpe gisteraand hul koudste nag in 'n lang tyd beleef.

Toe die son vanoggend in Cradock opkom, was die dorp se temperatuur -4°C gewees. Voëltjiebakke, in sommige gevalle waterpype en selfs swembaddens was gevries.

Op sommige plase in die Cradock-distrik was grensd
Op sommige plase in die Cradock-distrik was grensdrade met ysversiersels getooi. Foto: Verskaf
Diana van Straaten se motor het vanoggend gewys di
Diana van Straaten se motor het vanoggend gewys die temperatuur op hul plaas Saltpansdrift was -9°C! Foto: Verskaf
Net gevriesde plante waar jy kyk! Foto: Verskaf
Net gevriesde plante waar jy kyk! Foto: Verskaf

Op die plaas Saltpansdrift buite dié dorp, waar Diana van Straaten vroegoggend met haar motor moes ry, het dié motor se temperatuurlesing om 07:15 op -9°C gestaan.

Op omliggende plase was grensdrade met ysversiersels getooi, terwyl daar op Nici Smit se plaas Reveille jong doringboompies soos plante uit ‘n baie koue feëland omtower was.

Volgens Garth Sampson van die Baaise weerkantoor, het temperature vanoggend, 6 Julie tot die laagste nog die jaar gedaal.

"Dit was vanoggend die koudste oggend hierdie jaar as gevolg van 'n reeks kouefronte wat na die suide van die land beweeg," het Sampson gesê.

In Gqeberha, waar dit egter nie die koudste oggend dié jaar was nie, was daar tog 'n paar plekke waar ryp rondom die stad sigbaar was, aldus Sampson.

"Meeste ander weerstasies het die laagste minimum temperature vir 2021 gemeet."

Die plaas Buffelsfontein naby Molteno het vanoggend die sewende laagste temperatuur sedert 2020 aangemeld, met -17.0°C. Die koudste temperatuur hier was op 13 Augustus 2020 met 'n yskoue -20.1°C!

Ander dorpe in die Oos-Kaap wat die laagste minimum temperatuur vir 2021 aangeteken het, is:

Graaff-Reinet met -6.9°C

Komani met -6.6°C

Middleton met -5.8°C

Jamestown met -9°C

Aliwal-Noord met -7.9°C

Barkley-Oos met -6.8°C

Elliot met -7.5°C

Kariega (Uitenhage) met 1.2°C

Patensie met 2.1°C

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Komani-Karoo Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.