Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Komani-Karoo
Landdroskantoor groet Lien Abrahams

NÁ 31 jaar diens by die Hofmeyr-landdroskantoor, het Maria (Lien) Abrahams aan die einde van Januarie afgetree.

Ná soveel jare op die klein dorpie, kan sy vele stories van gebeurtenisse by die landdroskantoor en hof vertel, maar dit is haar getuienis rondom die mense saam met wie sy deur die jare hier in Hofmeyr gewerk het, wat besonders is.

Sy het op 1 Maart 1989 op Hofmeyr by die landdroskantoor begin werk in die termyn van landdros Johan Vermeulen.

Sy praat met besondere eerbied ook van Rita Vorster, wat die destydse klerk van die hof was.

Nadat Vermeulen verplaas is, het die landdros van Molteno twee keer ’n week deurgery om hofsake te kom doen.

“Hy was ’n man van min woorde, wat vinnig deur die hofsake gedraf het,” sê Lien.

Koos Marais, landdros vanaf Steynsburg, is later aangestel en opgevolg deur Des Krummeck vanaf Dordrecht.

“Hy is na Tarkastad verplaas en is tans die Kinderhoflanddros in Komani,” sê Lien.

Krummeck en sy gesin was ook die laaste inwoners van die historiese residensie op Hofmeyr, wat nog gebou was vir die vader van die skryfster, Iris Vaughan, in 1902.

Cecil Roger Vaughan was Hofmeyr se landdros vanaf 1898 tot 1904.

Die historiese residensie is egter nou net ’n murasie nadat houtdiewe alle balke, deure, plafonne en vloere gesteel het.

Nadat Landdros Krummeck vertrek het, is Canny Mjuza as kantoorhoof aangestel en sy is voltyds beskikbaar.

Landdros Joe Els vanaf Tarkastad is tot op datum steeds die deeltydse landdros op Hofmeyr.

Die koraalpienk Victoriaanse geboue van die departement van justisie is ’n bekende landmerk in Voortrekkerstraat.

Lien sê, “Ek het elke oomblik van my lewe hier by die landdroskantoor terdeë geniet.

“Ek kyk nou met vreugde terug na die kosbare tye en kosbare mense wat ek deur die jare hier leer ken het.”

Lien sê sy wil nogsteeds betrokke bly in Hofmeyr se gemeenskap en van nut wees vir die dorp se mense.

Daarom beplan sy om nou, ná haar aftrede, haar dienste aan te bied vir Hofmeyr Hugs of Hope. Dit is ’n projek wat mense se vaardighede op die dorp help ontwikkel om sodoende te help om hoop vir ’n beter toekoms te skep..

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Komani-Karoo Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.