Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Komani-Karoo
Man sterf in raaiselagtige mesdood

’n FORT Beaufort-familie is in rou gedompel ná hul 34-jarige seun die afgelope Saterdagoggend aan ’n noodlottige meswond beswyk het.

Die voorval het douvoordag op dié oggend in ’n straat in die woonbuurt, 7de Laan, in Newtown plaasgevind. Luidens Given Jacobs (54), stiefpa van die oorledene, is Leroy Dick met sy aankoms by die hospitaal dié betrokke oggend dood verklaar.

Jacobs het aan Mid-Karoo Express vertel dat twee vriende hom vroeg wakker geklop en na die hospitaal geneem het. Daar is hy die ontstellende nuus van Dick se heengaan meegedeel.

Volgens Jacobs was die oorledene, alom bekend as Murphy, Vrydagmiddag in ’n baie goeie bui. Hy het sy jonger broer gevra om sy hare te sny en om hom baie mooi vir die naweek te maak.

“Hy het daarna met sy broertjie se seun gespeel voor hy daar weg is om by sy vriende by die plaaslike koöperasie te gaan kuier.

“Hy was regtig in ’n buitengewone goeie luim,” het Jacobs gesê.

Dick het Vrydagaand by ’n gewilde nagklub gekuier en is glo vroegoggend Saterdag met vriende daar weg.

“Hoewel daar na bewering ’n paar ooggetuies was, kan ons by niemand die regte storie hoor nie,” het ’n moedelose Jacobs gesê.

Dick se moeder, die 56-jarige Margaret Jacobs, was in Oos-Londen vir ’n funksie toe sy die tyding kry.

Sy moes Saterdag inderhaas na Fort Beaufort terugkeer. Sy is platgeslaan deur haar seun se heengaan.

“Ek sukkel nog om dit te verwerk; dit het nog nie heeltemal by my ingesink nie,” het sy Maandag aan Mid-Karoo Express gesê. Sy het haar seun as ’n plesierige mens beskryf wat nooit moeilikheid sou soek nie en net vir sy kinders en homself wou werk.

Dick, wat nie getroud was nie, laat twee kinders, Dylan (13) en Davine (11), agter. Ten tye van sy dood het hy vir Sanral op die pad tussen Grahamstad en Fort Beaufort gewerk. Hy word volgende Saterdag vanuit die Rooms Katolieke kerk op Fort Beaufort begrawe.

Intussen het ’n verdagte wat met die voorval verbind word die afgelope Maandag op ’n moordklag in die Fort Beaufort-landdroshof verskyn. Hy is op borgtog van R1 000 vrygelaat en sal op ’n latere datum weer in die hof verskyn.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Komani-Karoo Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.