Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Komani-Karoo
Minister ‘gee nie om’ oor waterkrisisse nie

CRADOCK, Middelburg en Komani se voort- slepende waterprobleme sedert 2014, toe watervoorsiening en sanitasie van Inxuba Yethemba munisipaliteit af weggeneem is deur die Chris Hani-distriksmunisipaliteit, gaan nou op die spits gedryf word deur die DA in die Oos-Kaap Middelande.

Retief Odendaal, leier van die DA in gebied, het na vele pogings en skrywes aan Lindiwe Sisulu, minister van menslike hulpbronne, water en sanitasie, besluit om die saak voor die Suid-Afrikaanse menslike hulpbronnekommissie te lê.

“Inwoners van die betrokke dorpe het al baie slegte ondervindings gehad met krane wat ge-reeld vir dae aaneen leeg is terwyl die rioolverwerkingseenhede op Cradock en Middelburg steeds nie werk nie. Dit veroorsaak dat rou riool in die Groot-Visrivier vloei en dit besoedel water wat vir menslike gebruik aangewend moet word,” het Odendaal gesê.

Volgens Odendaal het hy talle briewe aan minister Sisulu geskryf oor die totale ineenstorting van water- en sanitasiedienste deur CHDM. In Februarie vanjaar het hy ook die minister versoek om ’n waterdienstekomitee volgens Artikel 51 van die Waterdienste Wet van 1997 aan te stel. Dit sou beteken dat watervoor-siening van CHDM ontneem moet word.

“Die minster het tot vandag toe nog glad nie op my briewe ag geslaan nie en my ook nie in kennis gestel van enige aksie om die probleme van inwoners van die gebiede reg te stel nie. Dit wil voorkom of sy niks omgee oor die waterprobleme nie,” het hy gesê.

In die DA se aansoek van toegang tot inligting versoek hulle afskrifte van alle korrespondensie en kennisgewings wat die departement van water en sanitasie tussen 2016 en 2020 aan CHDM gerig het in verband met hulle versuim om die water en sanitasieprobleme reg te stel.

“Hierdie inligting is van kardinale belang in enige toekomstige regsaksie teen die munisi-paliteit,” het Odendaal bevestig.

Hy het reeds ’n lêer wat afskrifte van al sy korrespondensie met minister Sisulu insluit, saamgestel om aan die Suid-Afrikaanse mense-regtekommissie voor te lê. Dokumente wat uit die DA se aansoek aan die departement van water en sanitasie om ook toegang tot hul korrespondensie te verkry, sal ook aangestuur word.

Odendaal sê die DA sal nie toekyk hoe die lewens van mense in gevaar gestel word deur die ANC regering wat niks vir die kiesers omgee nie. Volgens hom moet watervoorsiening en sanitasie uit die hande van CHDM geneem word.

Cradock se Gemeenskapsforum het reeds baie gedoen om waternood op Cradock te verlig. Alhoewel hulle met hul eie toerusing die toe- voervoor na die opgaardamme skoongemaak het, veroorsaak waterlekke oral op die dorp ’n probleem met lewering van water aan huise in die hoogliggende gebiede.

Gift of the Givers het ook onlangs ’n paar JoJo–tenks in van die woongebiede opgesit om die waterprobleme te help verlig.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Komani-Karoo Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.