Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Komani-Karoo
Om ’n engel se hande sterk te maak

MARIETJIE van Rooyen het nog altyd ’n sagte plek vir die viervoetige inwoners van Middelburg gehad, dié dat sy nooit sonder ’n sak hondekos in haar motor rondgery het nie.

“Ek het maar altyd stilgehou as ek ’n honger hond sien, en geweet: al kan ek hom nie huisves nie, kan ek darem dié een iets gee om te eet,” het sy gesê.

Sowat twee jaar gelede het die geleentheid opgeduik om die Middelburg Diereskuiling oor te neem (die DBV is lankal nie meer aktief in Middelburg nie). Marietjie het die munisipaliteit se toestemming gekry om die ou DBV-perseel te gebruik, maar is meegedeel dat sy geen munisipale hulp sou ontvang om die verwaarloosde perseel en hokke te herstel nie.

Marietjie-hulle het egter ingespring, en vandag is meeste hokke herstel. Die honde slaap op palette of in ou bande wat geriefliker gemaak is met ou kussings en komberse.

Die Middelburg-diereskuiling ontvang geen subsidies nie, en dit raak toenemend moeilik vir Marietjie om die deure van dié noodsaaklike gemeenskapsdiens oop te hou.

“Ons neem al die nuwe diere veearts toe,” vertel Marietjie. “Hulle word ondersoek, ontwurm, ingeënt en gesteriliseer, en dit is waarom ons diere nie gratis kan weggee wanneer iemand ’n hond wil aanneem nie.”

Mid-Karoo Express wou by haar weet hoe die publiek kan help.

“Ons plaaslike veeartse is wonderlik tegemoetkomend, maar ek moet rekeninge betaal. Ons boeke word ge-oudit en is oop vir die publiek, so mense hoef nie bekommerd te wees dat kontantskenkings misbruik sal word nie.”

Dié skenkings kan gemaak word:

. Hondekos of katkos

. Tyd en hande van vrywilligers

. Sweiswerk

. Sinkplate, draad, spykers en dakskroewe en slotte om nog hokke toe te maak

. Ou komberse en kussings

. Wasgoedseep, JIK en ander skoonmaak- of ontsmettingsmiddels

. Daar is ou klere wat ten bate van die skuiling verkoop kan word, maar die hulp van vrywilligers om ’n marktafel te beman, is nodig.

. Ou boeke – Marietjie verkoop ou boeke ten bate van die skuiling vanuit haar kantoor by Thys se Werkswinkel in Meintjiesstraat.

. Buiteligte

Verbasend genoeg is min van die 50 honde en 24 katte in die skuiling afkomstig van die townships – die meerderheid is diere wat weggegee is deur eienaars in die dorp wat nie langer vir hulle kon of wou sorg nie.

“Ons het egter wonderlike aanneem stories,” vertel Marietjie, “soos Ceazer, wat net een oog gehad het. Ons het nooit gedink hy sou ’n huis kry nie, maar vandag is hy ’n baie gelukkige en gesonde plaashond!”

Kontak Marietjie by 082 455 1297, of maak ’n bydrae:

MC Animal Rescue Family

Capitec rekeningnommer 1533409461

NPO: 2018/405520/08

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Komani-Karoo Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.