Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Komani-Karoo
Oos-Kaapse jongboer stap met louere weg

’n JONG boer uit die Hofmeyrdistrik, André Herselman (29) wat op die plaas Wilgepos saam met sy pa Willem boer, is as die wenner van die Veeplaas Toyota 2020 Jong Afslaers People’s Choice kompetisie aangewys.

Na voltooiing van sy skoolloopbaan het Herselman verder studeer en later besluit dat hy graag die wêreld wil gaan verken deur op skepe te gaan werk.

Koop en verkoop was van jongs af sy passie en hy het selfs, terwyl hy op die skepe gewerk het, dié passie be- oefen.

“Ek het my roeping as boer steeds vooropgestel, maar wou eers terug plaas toe kom wanneer ek my persoonlike mylpale bereik het”, sê Herselman.

Hy was gelukkig om betrokke te kon raak by die grootste kunsmaat-skappy in die wêreld, Park West Galleries in Miami. Dit is ook waar hy sy basiese opleiding as kunsafslaer voltooi het.

Met tyd het hy die top posisie as prinsipaalafslaer bereik. Herselman is ’n man met uitmuntende kuns- kennis en kan versamelaars van advies voorsien oor beleggingskuns-werke.

As kunsafslaer het sy werk behels dat hy vir tot tien maande, vier tot vyf kunsveilings per week moes hanteer, oor ’n periode van bykans vyf jaar.

Alhoewel hy die wêreld vol gereis het, was dit tydens ’n vakansie tuis, wat hy sy trouvrou, Marisha, ontmoet het.

Herselman het tydens sy jare op die skepe altesaam 140 lande besoek en sommige saam met Marisha.

“Sy het ’n agtergrond in logistiek en saam het ons ’n wenspan gemaak,” sê Herselman.

Nadat Herselman en Marisha voor die kansel ’n draai gemaak het, woon hulle nou op Wilgepos en is die trotse ouers van ’n 18 maande-oue dogter-tjie, Nileah.

“Ek wil bitter graag weer my passie volg as afslaer en veral ook in die boerderyrigting. Ons is immers boere en die boerdery is in my bloed,” sê Herselman.

“Ek is opgewonde oor wat die toe-koms inhou en oefen reeds om veilings in Afrikaans net so vlot aan te bied.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Komani-Karoo Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.