Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Komani-Karoo
Oos-Kaapse verteenwoordigers van CSPRM vergader

LEDE van die Staatsdienswerkers Pensioen Regstellingsbeweging (CSPRM) het verlede Donderdag in Middelburg byeengekom.

Die vergadering is gehou ter voorbereiding van die stigting van ’n provinsiale struktuur van dié beweging, en sowat 30 verteen- woordigers van die streke Middelburg, Komani, Oos-Londen, Port-Elizabeth, Uitenhage, Umtata en Ngqobo was teenwoordig. Die landwye beweging is op 23 Mei 2019 in Swellendam gestig nadat die staatsdiens se koördinerede bedingingsraad (PSCBC) sedert Maart vanjaar skielik groot bedrae pensioenregstellings op lukrake wyse aan sommige voormalige staatsdienswerkers uitbetaal het.

Resolusie 7 van 1998 van die PSCBC het bepaal dat die staat regstellings sou maak om voormalige staatsdienswerkers te vergoed vir diskriminasie op grond van ras, geslag en status tydens apartheidsjare.

Noudat daar (21 jaar later) uit-eindelik betalings gemaak is, heers daar groot ontevredenheid onder voormalige staatsdienswerkers omdat die PSCBC nie eenvormige kriteria aan die dag gelê het toe uitbetalings gemaak is nie.

Volgens Stephen Sass, sameroeper van die CSPRM in die Oos-Kaap, groei die ledetal van die CSPRM landwyd.

“Dit is opmerksaam dat daar in die skamele vyf maande sedert die beweging se ontstaan, reeds meer as 35 000 voormalige staatsdiens-werkers van regoor Suid-Afrika en die voormalige Suidwes-Afrika aangesluit het. Die CSPRM staan as’t ware nog in sy kinderskoene, en ons huidige ledetal is maar net ’n fraksie van die werklike aantal pensioenarisse wie se regte aangetas is deur die onregmatige proses van uitbetalings.”

Tydens die CSPRM se nasionale konvensie wat van 18-20 Oktober in Belhar, Kaapstad gehou is, is besluit om ’n versoekskrif aan die parlement te rig waarin daar aangedring sal word op die herroeping van verskeie problematiese resolusies van die PSCBC wat tot die onregverdige uitbetalings gelei het, en voorts dat die regstellingsproses van voor-af beplan moet word.

“Ons is van mening dat die staat ’n waninterpretasie van hul eie resolusie uitgevoer het, en dat daar in die proses ’n groot aantal voormalige staatsdienswerkers uitge-sluit is wat na regte ook vir pen- sioenregstelling kwalifiseer,“ het Sass aan Komani-Karoo Express gesê.

“Ons dring ook aan op ’n forensiese ondersoek van die totale pensioenregstellingsprogram.”

Donald Smiles, interim voor- sitter van die Middelburg-streek, meen dat die stigting van die CSPRM ’n merkwaardige gebeurtenis is, en dat die beweging in die toekoms veel meer as net die regstelling van pensioene sal hanteer.

“Ons moet onthou, wanneer jy ’n pensioenaris word, het jy nie meer ’n amptelike verteenwoordiger, ’n unie of ’n werkgewer wat namens jou jou regte beskerm nie. As sulks is pensioenarisse ’n kwesbare groepering, en ons is daar vir húlle.

“Die CSPRM sal toesien dat pensioenarisse nie deur die staat en die GEPF uitgelaat of geignoreer sal word nie. Ons grootste taak is om nou op provinsiale en streeksvlak by gemeenskappe uit te kom en mense bewus te maak daarvan dat daar hoop is in die saak teen die PSCBC en die GEPF.”

  • Vir navrae oor die werksaamhede van die CSPRM kontak Donald Smiles op 082 419 3408 of Stephen Sass op 072 451 7041.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Komani-Karoo Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.