Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Komani-Karoo
Sprinkane saai nou verwoesting in Cradock-distrik
Foto: Argief

Sprinkane wat al 'n geruime tyd verwoesting in die Middelburg-distrik aangerig het, het nou ook in die Cradock-distrik aangekom.

Volgens Hilton Collett, voorsitter van Cradock-distrikslandbou-unie, is swerms sprinkane hoofsaaklik nog in die Samenkoms- en Agtersneeubergareas aktief en het die teen-sprinkaan aksiespanne al vir vyf nagte in daardie gebied gespuit. 

Collett sê die swerms is nogal groot en terwyl voetgangers bedags bestry kan word, kan die spuitspanne net snags die vlieërs bestry wanneer die swerm vir die nag gaan sit het. Hy sê dit is 'n reuse taak en die manne met die spuite kom snags eers tussen 01:00 en 02:00 en sommige nagte eers teen 04:00 weer tuis. 

Gifstowwe word deur die Departement van Landbou voorsien, maar die manne wat spuit is boere uit die distrik wat die werk self doen. "Gelukkig werk die boere op wie se plase hulle moet spuit, baie goed saam.  Jy kan jou voorstel hoe moeilik dit sal wees as die boere nie saamwerk nie en die spuitspan alleen in die donker op 'n vreemde plaas moet gaan soek om 'n swerm op die grond te kry," het Collett verduidelik.

Collett het ook sy kommer uitgespreek oor die feit dat hierdie sprinkane eiers lê sover as wat hulle gaan en dat hierdie eiers tydens die eerste lentereën ná die winter sal uitbroei.

"Daar is niks vir die diere oor op die grond waar so 'n swerm deur is nie," het hy bygevoeg.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Komani-Karoo Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.