Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Komani-Karoo
Substasie in Cradock loop deur onder vandale
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

Cradock se woongebied bekend as Bergsig het Dinsdagaand, 9 Februarie 'n uitgebreide kragonderbreking gehad nadat vandale tydens die geskeduleerde beurtkrag by die gebied se substasie ingebreek, die plek gevandaliseer en pype uitgebreek en gesteel het.

Elektrisiëns van Inxuba Yethemba-munisipaliteit het tot gistermiddag, 10 Februarie gewerk om die skade te herstel.

Hierdie inbraak het plaasgevind tydens 'n spesiale veldtog van die plaaslike polisie wat 'n dringende beroep op inwoners doen om nie gesteelde goedere te koop nie.

Volgens kaptein Larianne Jonker, polisiewoordvoerder, is verskeie plakkate in die sentrale sake-sektor van Cradock, asook by tweedehandse handelaars opgesit om mense te versoek om nie goedere, wat moontlik gesteel is, te koop nie.

Die polisie versoek dat enige een wat inligting het oor moontlik gesteelde goedere dit dadelik by die polisie moet aanmeld.

Konstabel Nthetwa Mongo by een van die verskeie pl
Konstabel Nthetwa Mongo by een van die verskeie plakkate wat die polisie oral in die dorp opgesit het. Foto: Verskaf

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Komani-Karoo Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.