Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Komani-Karoo
Vandalisme: Gift of the Givers keer Adelaide die rug

DIE welsynsorganisasie Gift of the Givers het besluit om sy steun aan die gemeenskap van Adelaide op te skort weens ongekende vandalisme aan sy fasiliteite wat hy sedert die knellende droogte aan dié gemeenskap gelewer het.

Die organisasie het met verlede jaar se droogte wat die gemeenskap op sy knieë gedwing het, ingespring en welkome droogteverligting aan dié dorp en omliggende gebiede gebring.

Verskeie boorgate is vir die gemeenskap gesink en watertenke is op strategiese plekke op die dorp aangebring.

Trokke van die organisasie het weekliks kratte drinkwater aan die dorp se inwoners afgelewer.

’n Ooglopend teleurgestelde Mohammed Gangat, bestuurder van Gift of the Givers vir Adelaide, Bedford, Fort Beaufort en omgewing, het sy hart die afgelope Saterdag teenoor Komani-Karoo Express uitgepraat.

“Ons het hierheen gekom om ’n verskil te maak maar die gemeenskap het ons nou teleurgestel. Ons beskou hul optrede as ’n klap in ons organisasie se gesig. Hoe kom mense sover om geriewe wat vir hul eie gerief daargestel is te vandali-seer?” vra Gangat.

Luidens Gangat is onder meer gate in die watertenks gesteek, krane van die tenks afgesteel, en boorgattoerusting se elektriese komponente ook beskadig.

Hy sê die organisasie se beplande oprigting van gemeenskapstuine in die dorp om groente aan te plant en sopkombuise aan die gemeenskap te lewer, het nou ook skipbreuk gely.

“Ons sien nie die weg verder oop om onder die huidige omstan-dighede die dorp van enige verdere hulp te wees nie,” sê Gangat.

Die organisasie gaan homself nou toespits op landelike gebiede soos Hertzog en Kroomie waar die gemeenskappe meer waardering vir hul dienste sal hê.

Hulle gaan ook tuine in die Graaff-Reinet-distrik aanlê sodat sopkombuise vir skole en gemeenskappe daargestel kan word.

Gangat het ’n beroep aan gemeenskappe gedoen om nie geriewe wat deur welsynsorganjsasie aan hulle beskikbaar gestel word, te vandali-seer nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Komani-Karoo Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.