Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Komani-Karoo
Vergelding geëis ná wrede moord

DIE polisie op Middelburg ondersoek ’n saak van moord nadat die liggaam van ’n bejaarde vrou, wat wreed vermink is, op Sondag, 12 Julie in ’n drein in Rosmead gevind is.

’n Aantal kinders wat in die ou soldatekamp op Rosmead gespeel het, het op dié grutoneel afgekom.

Ester Waka, wie se suster Nongempile Angelina Mkefa (60) reeds in Junie verlede jaar as vermis aangemeld is, is oortuig daarvan dat dit die liggaam van haar suster is.

“Ons wag nog vir die uitslae van die DNS- ondersoek, maar ek twyfel nie daaroor dat die liggaam dié van my suster is nie,” het Waka gesê.

“Die lyk het ’n boggelrug. My suster het ook ’n boggelrug gehad en die skoene op die toneel lyk ook soos haar skoene.”

Waka se suster was glo voor haar verdwyning in ’n wankelrige verhouding met ’n man van die gemeenskap.

Nadat gerugte die ronde begin gedoen het dat hy Mfeka in Junie 2019 aangerand het, het Waka tevergeefs na haar suster gaan soek.

Die polisie kon nog nie amptelik kommentaar lewer nie, aangesien bloed- en DNS-monsters van die liggaam, sowel as monsters wat in die verdagte se huis geneem is, weggestuur is vir ontleding. Onsekerheid heers nog oor wanneer die moord gepleeg is.

Intussen het inwoners Rosmead hul ontevredenheid gelug omdat die verdagte nog nie in hegtenis geneem is nie.

“Hierdie dade van geweld laat ’n mens die fondasies van ons demokrasie in twyfel trek,” het Noncedo Zonke, burgemeester van IYM in ’n persverklaring oor die toename in geslagsgeba-seerde geweld in die gebied gesê.

“Is ons menseregte, menswaardigheid, gelykheid, vrede en geregtigheid werklik gewaarborg?”

Sy het die gemeenskap versoek om voorvalle van verhoudingsgeweld by die polisie aan te meld.

In middel-Junie is die 72-jarige Ada Sammy, ’n raadslid van IYM, in haar huis in Midros oorval, aangerand en gewurg.

Die saak teen die verdagte, Jonathan Booysen (34) is op Maandag, 20 Julie in die landdroshof op Middelburg hervat.

In solidariteit met Sammy en ander slagoffers van verhoudingsgeweld, het inwoners, gemeenskapsleiers en verteenwoordigers van IYM in swart kleredrag buite die hof betoog.

Die betogers het ook ’n petisie, waarin hulle eis dat hernieude aandag geskenk moet word aan alle onafgehandelde sake van geslagsgeba-seerde geweld, aan die polisie en departement van justisie oorhandig.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Komani-Karoo Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.