Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Komani-Karoo
Vrou sterf ná weerlig haar tref

'n Vyftigjarige vrou is Sondag, 14 Februarie tydens 'n donderstorm in Cradock deur weeerlig doodgeslaan.

'n Man wat in haar geselskap was, is ernstig beseer en word in die plaaslike hospitaal behandel.

Die hewige donderstorm het van net voor 17:00 oor die dorp getrek en hoewel daar baie weerlig was, is baie min reën aangeteken.

Volgens kapt. Larianne Jonker, polisiewoordvoerder, het die vrou (50) en haar metgesel na bewering onder 'n boom geskuil om uit die reën te kom. 

Die voorval het in die Trimpark naby die tennisbane in Cradock plaasgevind.

Die polisie wil nog nie haar haar naam bekend maak nie en volgens Jonker ondersoek hulle tans die saak.

Die oorledene het in Ezibelenistraat in Lingelihle gewoon.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Komani-Karoo Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.