Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kouga-Express
Brewhaha – die klank van lekker saam kuier
Van links is Matthys Gerber en Gabri Viljoen. Foto: Joane Azenha

TOE vier vriende in 2014 die moontlikheid begin ondersoek om saam ’n mikrobrouery te begin, sou hulle nie kon droom dat dit kon ontwikkel tot wat dit vandag is nie.

Met harde werk, deursettingsvermoë en ’n duidelike visie het hulle dit wat eers net ’n idee was, tot realiteit gebring.

In die agtien maande daarna, wat dit geneem het om al die papierwerk vir hulle brouery in orde te kry, het die meesterbrouer, Marius Deetlefs, hul versameling biere ontwikkel.

Elkeen is uniek, en met groot liefde en sorg geskep tot dit presies is wat hulle wou hê dit moet wees.

Vier vriende het in 2014 die Brewhaha oop gemaak. Foto: Joane Azenha

In die brou-proses is niks per onge-luk nie – van die water wat gebruik word vir die spesifieke soort bier, tot die ingevoerde hops en gort – is elke ding spesifiek só gekies om ’n meesterstuk tot gevolg te hê.

Daar is selfs ’n storie agter elke bier se pragtige etiket.

Wanneer iemand die heel eerste keer die restaurant betree, is die familie-vriendelike restaurant-atmosfeer dít wat ’n mense die meeste verras.

Alhoewel dit steeds baie duidelik die Amerikaanse–bistro styl behou en oral hul eie unieke bier– en etikette inkorporeer, is dit beslis nie ’n kroeg nie.

Kriek’s beer bread. Photo: supplied

Die industrieel–geinspireerde, tog stylvolle dekor, is interessant en uniek.

Dit vang die hart van die besigheid, wat die mikrobrouery in Lootspark is, behoorlik vas. Die ontblote bakstene, palethout teen die mure en gietyster dekor-items werk beslis en gee die kliënt ’n gevoel van plaaslike gasvryheid, en lekker saam kuier.

Dit is regtig, soos eienaars Matthys “Jumbo” Gerber en Gabri Viljoen, sê, ’n plek waar dit belangrik is dat vriende soos familie word en almal mekaar se geselskap geniet.

Die lieflike speelkamer vir kinders maak dit toeganklik vir gesinne met kleingoed.

Hulle beoog om hul uithaler biere te komplimenteer met ewe spesiale drankies van regoor die land, wat nie noodwendig op ander plekke in die omgewing te koop is nie.

Die spyskaart is deurspek met inte-ressanthede, wat die Amerikaanse–styl kos, spesifiek ontwerp om hul bier te komplimenteer, plek–plek met Suid–Afrikaanse tradisie kombineer.

Disse soos hulle diepgebraaide melktert in filo–deeg is ’n heerlike voorbeeld van hierdie samesmelting van koskultuur.

Vir die craftbier–groentjie bied hulle ’n “beer tasting platter” wat klein glasies van hul bier met kos- smake wat dit komplimenteer bedien.

Wanner iemand die heel eerste keer die restaurant betree, is die familie vriendelike restaurantatmosfeer dít wat ’n mense die meeste verras. Foto: Joane Azenha

Sodoende kan die kliënt besluit watter bier sy of haar palet tintel en daarvolgens besluit wat hulle volgende keer wil bestel – voorwaar ’n unieke ervaring.

Omdat slegs wynlandgoede en mikrobrouery volgens die huidige beperkings op drankverkope oor na weke mag drank verkoop vir “off–site consumption”, is Brewhaha natuurlik ook tans die enigste plek in die dorp waar jy oor naweke ’n biertjie kan koop om by die huis te geniet.

Van die bier–entoesias tot die nuweling in die wêreld van craft–beer is by Brewhaha beslis iets vir almal.

Vir diégene wat net die heerlike kos wil gaan probeer, is daar selfs ’n unike reeks drankies soos perske–lemonade en sogenaamde “mocktails” op die spyskaart.

Gaan loer gerus by Brewhaha in–dalk word jy soos ek, ook aangenaam verras.

Ingredients:

500g self–raising flour

1 teaspoon salt

1 Brewhaha beer

1 cup of cheddar cheese

Spray medium size bread / loaf pan

Method:

  • Preheat oven to 180°C.
  • Mix through flour, salt and beer until everything is mixed well. No need for kneading the dough.
  • It’s okay if consistency of dough is still little bit runny.
  • Add cheese little bits at a time while gently mixing through.
  • Sprinkle some cheese on top.
  • Bake in oven for 55 minutes.
  • Take out of oven and take out of pan. Cool down for 10-15 minutes before slicing.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kouga Express Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.