Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kouga-Express
CapeCross Dierehospitaal vier 10 jaar

HARDE werk, ’n droom, ’n servet en ’n liefde vir diere – veral dié in nood, klein of groot.

Ná jare van droom – reeds in hul studentejare in die anatomiesaal – deeglike beplanning en navorsing, het vier veeartse (twee getroude pare) hul ideaal om ’n praktyk op die been te bring, in 2009 bewaarheid: CapeCross Dierehospitaal in Jeffreysbaai en Kareedouw.

Dié vier het eers die wêreld verken en waardevolle ondervinding in Engeland opgedoen. Tot die roepkreet terug Suid-Afrika toe te sterk geword het.

Beplanning en navorsing is in hulle vrye tyd oor naweke gedoen. Die uitleg van die eerste dierehospitaal is op ’n servet in Frankies & Bennies geteken – en pryk al die jare teen die kantoormuur.

Waarom Jeffreysbaai?

“Ons wou in die platteland bly, waar die lewe rustiger en gesinstyd ’n prioriteit is,” sê dr. Magdalena Lategan.

“’n Praktyk in Kareedouw was in die mark, Jeffreysbaai was vinnig aan die uitbrei. Die twee dorpe is in die gebied geleë met die grootste konsentrasie melkbeeste.

“Dit was die logiese stap om ons hier te kom vestig.”

Die begin

Volgens Lategan, het CapeCross Dierehospitaal klein begin.

“Ek onthou die eerste dae baie goed: vloer vee en mop, koffie maak, verskaffers bel en wag dat die eerste kliënt ’n wurmpil of iets soortgelyks koop.”

Die kliëntetal het begin groei, en binne maande kon hulle ’n ontvangsdame en skoonmaker aanstel.

Na vyf jaar het die groeiende praktyk uit sy nate gebars, en in 2014 is ’n huis in Jakarandastraat, Jeffreysbaai in ’n groter en meer moderne dierehospitaal omskep.

Die praktyk in Kareedouw is na Tsitsikamma geskuif, waar drie veeartse voltyds op melkplase werk. Die administratiewe personeel het hul eie kantoorspasie elders gekry – die gebou het weer eens te klein geword.

“Deur God se genade en harde werk, het ons oor die jare gegroei en staan ons perso-neel tans op 21,” sê Lategan.

“Ons beplan om nog twee veeartse in die nuwe jaar aan te stel.

“Wie sou ooit kon dink dat die omgewing se vee en troeteldiere ons so besig sou hou?”

Vervolg op bl. 23

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kouga Express Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.