VERVOLG VANAF BL. 1
“DIE geneeshere het gesê ons kon nie vir ’n beter uitkoms vir dié tipe operasie gehoop het nie.”
Soortgelyke geval
In ’n soortgelyke geval is Daniel Basson op 19-jarige ouderdom met ’n nie-Hodgkins limfoom gediagno-seer. Na die aanvanklike behandeling het die kanker na die brein versprei. Die familie is ook deur ’n he-wige persoonlike stryd, en die vader wat in die bediening staan, het aan die spesialis gesê: “Dokter, doen wat jy moet. Ek sal die bidwerk doen.”
Die spesialis het verklaar dat hulle verdere behandeling kan toepas, maar dat Daniel daarna stom en blind sou wees. Daniel is later skoon verklaar en het ’n diploma in Finansiële Bestuur (Ikeys) en in 2016 ’n BCom-graad aan die Universiteit van Stellenbosch behaal.
“Hy is deur liefde genees,” het ’n familievriend verklaar. “Liefde van God en sy ouers.”
Daniel, van wie die spesialis ver-klaar het dat sy brein weens die behandeling gesplyt het, en dat dit nie weer kan herstel nie, is ten volle genees en het reeds in Italië, Botswana, Indië, Nepal en Namibië sy boodskap van hoop verkondig. Hy werk voltyds vir ’n sagteware-maatskappy.
Fondsinsameling
Op Saterdag, 30 November word ’n haresny en -kleur, gesigverf en kolwyntjieverkoping deur die Yellow llama-fonds voor die Global Junction-restaurant by Fountains Mall aangebied.
Die organiseerders, onder leiding van Joane Azehna, doen ’n vrien-delike, maar ernstige, beroep op die publiek van Jeffreysbaai en omgewing om die Airoldi-familie te ondersteun.