Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kouga-Express
Jeffreysbaai: Inperkings kniehalter nie dié kunstenaar nie
Gideon Porter, eindelik tuis in Jeffreysbaai, sy paradys.Foto: Verskaf

GIDEON Porter, ’n Oos–Kaapse kunstenaar wat in Jeffeysbaai woon, is dankbaar om veilig terug in Suid–Afrika te wees nadat hy vir ’n wyle in Engeland moes nesskop.

Gideon, sy vrou Jessica en seun Mordecai (9) was met vakansie in Coventry in Engeland toe die COVID–19 pandemie se inper-kingsregulasies hulle reisreëlings so ietwat gekortwiek het.

In plaas van twee weke het die gesin toe amper twee maande daar deurgebring.

Gideon, oorspronklik ’n boorling van Rustenburg in die Noordwestelike Provinsie, beskryf homself as eksentriek en passie-vol oor alle vorme van kuns.

Kontemporere kuns en geometriese vorms fassineer Gideon Porter. Foto: Verskaf

Dié kunstenaar hou nie daarvan om soos hy sê “ingeboks” te word nie, nie waar hy moet woon nie en ook nie as kunstenaar nie!

“Alhoewel ons goed bekend is met Coventry - ek en Jessica het vir amper 17 jaar daar gewoon voordat ons vier jaar gelede na Jeffreysbaai, ’n ware paradys teruggekeer het - was dit geweldig frustrerend,” sê hy.

“Die plan was om vir twee weke heerlik vakansie te hou en na- tuurlik ook al ons gunsteling galerye te besoek voordat ons weer sou terugkeer.”

“Nou ja, dink jou in, jy het nie eers behoorlik ’n pakkie potlode om jouself mee besig te hou nie en daar sit jy, dis nie asof daar ’n kunswinkel op elke hoek is nie!”

“Gelukkig het ons op Facebook op ’n repatriasie–vlug afgekom. Alles goed en wel, maar daar sit ons toe vir nóg twee weke in Kaapstad onder kwarantyn.”

“Weer eens in ’n stad vol aanloklike plekke om te besoek, maar sonder die vryheid om dit te kon doen.”

“Ek wou skoon siek word van ontsteltenis en needless to say, retail therapy was ook buite die kwessie!”

“Maar nou is ons terug in Jeffreysbaai in ons bekende omgewing waar ons huis ’n sondek het met ’n lieflike uitsig oor die see en genoeg ruimte om selfs tydens die inperking nie vasgedruk te voel nie, dit spreek van God se goedheid in ons lewe.”

Verlede jaar het Petra Stiglingh, die eienares van die Petra Stiglingh–kunsgalery saam met haar vennoot die splinternuwe Kouga–kunsvereniging spesiaal vir kunstenaars en kunsliefhebbers in die Kouga-distrik gestig.

“Genadiglik het Petra my uitgenooi om daarby aan te sluit en so kon ek deur die fases van inperking tot dusver my sanity behou!” sê Gideon dankbaar.

Gideon Porter skep ook kuns met gemende media. Foto: Verskaf

“Dié vereniging bied deur sosiale media, slypskole wat aangebied word en kunsuitstallings wat gereël word, ’n platform aan alle kunstenaars, ook dié wat nog maar min of geen media–blootstelling gehad het nie, om hul kunswerke bekend te stel.”

“Intussen het ek ook vir Liesel de Lange die eienares van Palette Art–kunsgalery ontmoet wat salf vir my siel is.”

“Behalwe vir die heerlike samesyn met ander kunstenaars daar bied ek nou soms kunsslypskole aan, iets wat ek gereeld gedoen het toe ek vroeër jare in Engeland gewoon het.”

“Ek glo daaraan dat kunstenaars moet aanhou om hulle kreatiwiteit te ontwikkel en meer as een medium op die proef te stel.”

“So het ek na ’n onlangse besoek aan Pretoria, die bekende dekorwinkel, Weylandts, besoek en daar byt die inspirasie–gogga my heel uit ’n onverwagte oord.”

“Ek is nou begeesterd om me-taalbeelde te maak en sal hopelik gou daarmee op dreef wees en het darem al ’n sweismasjien aange-skaf!”

“Die weerbaarheid van metaal wat met hitte hervorm kan word fassineer my.”

“Ten spyte van beperkinge die afgelope jaar voel dit asof my eie kreatiwiteit behoorlik aan die blom is.”

“Ek hou ook baie van kontemporêre kuns en het onlangs met klei begin eksperimenteer en reeds twee beeldhouwerke voltooi.”

“Pop Art en kunsfotografie speel nog altyd ’n beduidende rol in my kunsstyl. Ek neem enige iets af wat moontlik later ’n inte-ressante kunswerk kan inspireer en kombineer ook deesdae die Pop Art met gemengde media.”

“Kuns is oral, kunstenaars moet net bereid wees om buigsaam te wees en nooit ’n limiet op hul skeppingsvermoë te plaas nie, al word hulle dalk ook soms teen hul wil ingeperk!”

Stuur ’n epos aan Gideon Porter by gideonporterart@gmail.com of besoek sy webtuiste by www.gideonporterart.com of volg hom op sy Facebookblad as Jason Porter vir meer inligting oor sy kunswerk.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kouga Express Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.