Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kouga-Express
Nuwe breier vir JBaai Rugbyklub

HY is in die Kaap gebore en getoë, het sy rugbytande daar geslyp, toe op die veld vir die Griffons, Bulle en Valke gedraf . . .

Nou trek hy ’n afrigtingsbaadjie aan en vat die leisels styf vas by die Jeffreysbaai Rugbyklub.

Vir Kobus Henning, onderwyser by die Jeffreys Bay Comprehensive High School, is die rugbysirkel voltooi. Maar niemand, hy in-kluis, glo die skuif gaan maklik wees nie. Hy betree nou ’n mynveld - en hy weet dit. En hy het groot tokse om vol die staan: die van voormalige breier Earl Hill.

Maar hy is opgewonde en sien kans hiervoor, sê Henning wat met ’n BA-graad in Bio-kenetika en Sportwetenskap spog. Want, rugby is in sy bloed en hy wou nog altyd by afrigting betrokke geraak het.

Henning speel reeds sedert sy kinderdae rugby: beide vir die Westelike Provinsie Laerskool Craven Week-rugbyspan, asook vir die Griffons-rugbyspan. Sy eerste groot tree na senior rugby was toe hy sy debuut vir die NWU-PUK en Luiperds gemaak het. Hy het ook vir die Bulle, Valke en die Suid-Afrikaanse Rugbyspan gespeel, asook rugbyliga.

Voor hy by skolerugby betrokke geraak het, was hy ’n Craven Week-keurder en het spanne soos NWU-PUK en die Nasionale Ju-niorspan van Namibië afgerig.

“Dit is ’n voorreg om met die jong belo-wende spelers van Jeffreysbaai te kan werk en hulle te vorm,” sê Henning. “Nie baie mense kry die geleentheid om so ’n groot impak te kan maak nie.”

Wat hom opgewonde maak, is dat skole- en klubrugby in Jeffreysbaai kerngesond is. “Ons is ’n kweekskool vir van die beste jong talent in Suid-Afrika. Spanne wat teen ons speel, moet weet hulle gaan sweet vir ’n oorwinning.”

Met sy mentor, Garth Jacobs van die Jeffreys Bay Comprehensive High School, het Henning reeds die span na drie oorwinnings gelei: 29 - 0 teen Middelburg se tweede span, 63 - 7 teen Noupoort se eerstespan, en 17 - 7 teen Kruisfontein se tweede span.

Die man met sterk Christenwaardes, glo dat sukses lewens kan verander. Hy wil graag ’n goeie voorbeeld stel met wat hy op en van af die veld doen.

Om by die Jeffreysbaai Rugbyklub aan te sluit, skakel Henning by 063 200 6777 of Jefreysbaai Rugbyklub president Ceggan Williams by 060 584 3130.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kouga Express Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.