Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kouga-Express
Ouers eis skool se herstel

OUERS is die harnas in oor hul kleingoed in ’n vervalle munisipale gebou na ’n preprimêre staatskool moet gaan.

Ons doen wat ons kan, sê ontstoke ouers, maar dit is die raad se werk waarvoor ons moet opdok.

Gebreekte teëls, stukkende vensters, lekkende toilette, vensters wat met draad toegemaak word en gebreekte speeltoerusting hou ’n wesenlike gevaar vir die kleinspan by Phillipsville Crèche in Hankey in.

Ouers eis nou dat die Kouga-munisipaliteit tot aksie oorgaan om die skool, die oudste in Hankey, te herstel. “Al wat ons wil hê, is datums waarop die gebou herstel gaan word,” sê Eulene Oktober, ontstoke ouer. “Ons kinders se gesondheid en veiligheid moet as belangrik geag word.”

Volgens Oktober is die skool sedert sy bestaan 26 jaar terug, nie weer geverf nie. Geen herstelwerk is ook sedertdien gedoen nie.

“Hier was al verskeie munisipale amptenare wat na die gebou kom kyk, notas geneem het, en weer verdwyn het - om nooit weer van gehoor te word nie,” sê sy.

“Een amptenaar het ongeveer drie tot vier jaar terug van die stukkende teëls kom verwyder met die belofte om dit binne die volgende week te vervang. Ons sit tot vandag toe met onooglike rou stukke sement.”

Ten spyte van die haglike omstandighede, doen ouers wat hulle kan. Hulle hou verskeie fondsinsamelingprojekte om in die verskeie behoeftes van die skool te voorsien. Daar word daagliks ’n warm maaltyd aan die 34 kinders (drie- tot vyfjariges voorsien.

Bennie Plaatjies, plaaslike inwoner, is die tuinier en algemene nutsman. Onder sy bekwame hande het die droë stuk grond rondom die skool die afgelope ses jaar in ’n pragtige tuin ontluik: blomme, plante, rose, tamaties, uie, rissies, kool en vrugtebome.

Die tamaties, uie en kool word by die skool gebruik, terwyl die rissies in pakkies verkoop word. Dié geld word gebruik om nuwe saad aan te koop.

“Ek maak die tuin vir die kinders mooi,” sê Plaatjies. “Waar daar kinders is, moet daar liefde en vrede wees. ’n Pragtige tuin bring liefde en vrede.”

Volgens Oktober, kry die skool tans slegs ondersteuning van FNB Patensie.

“Skenkings soos speelgoed, boeke, komberse, matrasse, kos en ’n watertenk sal ons geweldig baie help,” sê sy.

Vir inligting, kontak Phillipsville Crèche skoolhoof Allen Potgieter by 076 248 2582.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kouga Express Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.