Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kouga-Express
Slaggereed vir stygende gevalle

IN die lig van die jongste syfers van by-kans 10 600 aangetekende Covid-19 gevalle in die Oos-Kaap is dit kommerwekkend dat die inwoners van die distrik nie by die inperkingregulasies hou nie.

Horatio Hendricks, burgemeester van die Kouga-munisipaliteit, sê: “Ons is baie bekommerd dat mense nie by die regulasies hou nie. Ons werk tans aan planne om die sigbaarheid van polisie en munisipale wetstoepassers, insluitende verkeersbeamptes, op te skerp.

“Bewusmakingsveldtogte gaan ook van stapel gestuur word.”

Volgens die Departement van Gesondheid se jongste syfers (15 Junie 2020) is daar tans 10 597 aangetekende Covid-19 positiewe gevalle in die Oos-Kaap.

Die gevalle in die Sarah Baartman-distrik is reeds op 333, terwyl 45 hiervan in die Kouga-munisipaliteit aangeteken is.

Met Loerie en Hankey bygevoeg, lyk die uiteensetting só:

  • Jeffreysbaai: vyf aktief, nege herstel
  • St. Francisbaai: een aktief, twee herstel
  • Hankey: twee aktief, twee herstel
  • Humansdorp: vyf aktief, 11 herstel
  • Patensie: een aktief
  • Loerie: vier aktief
  • Thornhill: drie aktief

Nóg geen sterftes is in die Kouga-streek aangeteken nie.

Gereed

Is die gebied slaggereed om stygende Covid-19 gevalle te hanteer?

Die Kouga Express het verskeie navrae gerig aan die Departement van Gesondheid. Teen druktyd was daar steeds geen terugvoer nie.

Elders in die provinsie by verskeie hospitale, is grootskaalse tekorte aan beskermde drag ondervind en is daar ’n hoë voorkoms van Covid-19 gevalle onder gesondheidswerkers.

Die Kouga Express berig in dié uitgawe oor die goeie nuus dat die Gamtoosvallei met ’n isolasie-eenheid spog wat deur die plaaslike gemeenskap self ingerig is (sien bladsy 3).

Volgens Dr. Charl van Loggerenberg van die Life Isivivana Private Hospitaal in Humansdorp is dié instansie gerat vir moontlike Covid-19 gevalle, maar daar is tot dusver nie enige pasiënte met dié virus in die hospitaal opgeneem nie.

“Life Isivivana volg die protokols en riglyne van die Departement van Gesondheid en die Nasionale Instituut vir Aanmeldbare Siektes (NICD), terwyl ons ons voortdurend vergewis van die jongste verwikkelinge om ons pasiënte én ons werknemers en dokters die beste moontlike versorging te bied,” sê Van Loggerenberg.

Die privaatgedeelte van die hospitaal het ‘n vierbed-eenheid wat aan Covid-19 pasiënte toegewys is, maar pasiënte wat noodsorg benodig sal na die Life Mercantile of Life St George Hospitaal in Port Elizabeth oorgeplaas word.

Van Loggerenberg staaf dat die hospitaalbestuur alles in hul vermoë doen om perso-neel deeglik voor te berei, én gewaardeer te laat voel.

“Soos mens met enige pandemie te wagte kan wees, is dit normaal om angstig en bekommerd te voel. Ons het verskeie programme in werking om werknemers en hul gesinne se gesondheid ten alle koste te bewaar.”

Hy voeg by: “Ons Lean on Me-veldtog moe-dig personeel aan om mekaar te ondersteun.”

’n Plaaslik psigoterapeut voeg by: “Mens kan verwag om elke emosie op die spektrum te ervaar in die grendeltyd – normale gevoelens in ‘n abnormale situasie. Emosionele welvaart is van enorme belang.”

Sy moedig mense aan om uit te reik sodra hulle bewus word dat hulle oorweldig, ingehok of erg neerslagtig voel.

Inwoners word sterk aangemoedig om hul huisarts of die NICD te kontak indien hulle vermoed dat hulle dalk Covid-19 onder lede mag hê. Die NICD se Whatsapp-ondersteuningslyn is 0600 123 456 of die NICD 24-uur hulpyn is 0800 029 999/ 0800 111 132.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kouga Express Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.