Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kouga-Express
Spoggerige veteraan skitter by oord

SY staan blinkgevryf in die effense skemer van die motorhuis – ’n statige dame wat motor-entoesiaste terugvoer op die pad van haar roemryke geskiedenis.

Kompleet met selfgenererende asetileen ligte, speekwiele en hefboom.

Maande se meet en pas. En harde werk.

Dit het Jeffreysbaai-inwoner Renier Viljoen (80) nagenoeg 18 maande geneem om ’n 1902 Rambler Model C – die enigste motor in haar soort in Suid-Afrika – te bou.

Stukkie vir stukkie . . . met slegs ’n onbruikbare wrakstuk en inligting op die Internet as verwysing.

En baie geduld.

1902 Rambler

Viljoen, ’n oud-professor en -dekaan by die Universiteit van die Oranje-Vrystaat (UOVS) van 1975 tot sy aftrede in 1999, se passie vir klassieke motors strek oor dekades.

Hy was eens die trotste eienaar van ’n spoggerige 1928 Model A Ford en 1936 Chevrolet. Maar dié moes verkoop word om plek te maak vir projek-Rambler.

Viljoen glimlag: “Onderdele vir dié soort voertuie is skaars, en baie duur – jy wil nie met hulle ry nie.

“Dit is toe dat ek besluit het om ’n windma-ker-motor uit toeka se dae te bou. Een wat ek self kan herstel – indien nodig – en kan ry.”

Hy het dadelik daad by woord gevoeg en geroeste wrakstukke van ’n Rambler gekoop – maar slegs vir die noodsaaklike mates. Nog mates is op die Internet opgespoor.

Eers is die ses-perdekrag enjin van die enkelsilinder-kar en ratkas van nuuts af in sy motorhuis oorgebou. Hierna is die bakwerk en binneruim getakel, asook die algemene meganika van die aandryfstelsel.

  • Met die bou van die replika is gepoog om tot

Viljoen sê: “Die spesifieke Rambler, gebou deur Thomas B. Jeffery in sy Rambler-fietsfabriek in Chicago en omskryf as t ruly a horseless carriage, het nie ’n stuurwiel nie. ’n Hefboom word gebruik om die voertuig in die beoogde rigting te stuur, wat bestuur iewat moeilik maak.

“’n Stuurwiel is tot en met 1904 beskou as to be too advanced for the driving public.”

’n Koper beuel dien as die toeter.

Volgens hom is die hoogste kwaliteit laaghout vir die bou van die lyf van die motor gebruik – soos by die oorspronklike Rambler – en ’n solide vooras en planetêre agteras is ingesit.

Komponente van die ligte is uit hout op ’n draaibank gedupliseer, terwyl die oorspronklike dubbel-eliptiese bladvere spesiaal deur Springwell in Port Elizabeth vervaardig is, en die aandrywing met ’n 250cc Honda-enjin deur JBay Motorcycles instal-leer is.

Viljoen het self die motor rooi en swart geverf.

“Dit was ’n tydsdame proses en het baie geduld en harde werk geverg,” sê Viljoen. “Die eindresultaat was egter ongelooflik bevredigend – om ’n statige dame van 118 jaar weer te laat brul en mense se koppe te laat draai.”

Ander projekte

Viljoen, wie se hande vir niks verkeerd staan nie, spog verder met drie seiljagte wat hy gebou het – waarvan een op die waters in Engeland vaar.

Ook op sy kerfstok is verskeie sement-beelde: ’n engel, skilpad en verliefde paartjie by die Zoetelief-park in Seetuinweg, ’n branderplankryer op die hoek van Da Gamaweg en Tekomastraat en ’n dolfyn by die hoofstrand.

Hy het die spogtuine by Eedenglen ontwerp en uitgelê.

Volgende?

Viljoen, wat nie van stilsit hou nie, is reeds opsoek na sy volgende projek.

Hy lag: “Dalk bou ek ’n mikro-vliegtuig.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kouga Express Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.