Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kouga-Express
Swart boere kry hulp

SWART boere in die Joubertina-distrik in die Oos-Kaap wat vrugte van bladwisselende bome verbou, gaan ’n R6 miljoen-kontantinspuiting kry om die grond waarop hulle boer uit te brei.

Volgens Mlibo Qoboshiyane, LUR van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming in die Oos-Kaap, sal hierdie toekenning van R5,7 miljoen deel uitmaak van die provinsie se strategie vir ekonomiese transformasie.

Hy was Dinsdag in Joubertina waar hy met boere vergader het en hy het gekyk hoe die oes van Pink Lady-appels, bestem vir die buitelandse en plaaslike mark, vorder.

Ek is baie tevrede met wat ek vandag gesien het op die grondhervormingsplase waar opkomende en kommersiële boere baie goed saamwerk. Ons gee hierdie geldelike ondersteuning aan die boere om hul produksie te beskerm.

“Wat ons die nodigste het, is die verdere groei van die oeste. Daarvoor het ons vaar-dighede en opleiding nodig. Daar moet ook gefokus word op die uitbreiding van die infra-struktuur, soos om te fokus op die beskikbaarheid van water.

“Die provinsiale regering is daartoe verbind om die boere te ondersteun. Ons het in 2017 R7,2 miljoen belê in die uitbreiding van die projek,” sê Qobo­shiyane. “Ons steun swart boere wat uitstekende werk doen op die grondhervormingsplase. Ons het besluit om opkomende boere en kommersiële boere te laat saamwerk, want die kennis en vaar-dighede moet oorge-dra word.

“Daar moet ook ’n mark vir die produkte geskep word; hoe meer ons kan uitbrei, hoe meer stabiliteit sal daar met werkskepping teweeggebring word,” aldus Qoboshiyane.

Hy sê egter eienaarskap van grond is steeds ’n bekommernis. “Dat slegs 4% van die grond in hierdie gebied deur swart boere besit word, is kommerwekkend. Ons het R11 miljoen beskikbaar gestel sodat boere aandele in die Du Toit-pakhuis kon bekom. Ons wil sien dat dit verder uitbrei; ons wil sien dat ons boere groei.

Ons wil hê ons boere moet meer met die kommersiële boere saamwerk. Ons moet seker maak dat hierdie strategie vir ekonomiese transformasie werk sodat die plase produktief aangewend kan word,” het hy bygevoeg.

“Hierdie drie grondhervormingsplase op ’n gesamentlike 175 ha verwag om 6 431 ton vrugte te oes, wat onder meer die kultivars Granny Smith, Pan Golden, Early Granny, Envy, Forelle, Packham Triumph en Rosemary insluit.”

Sowat 49% van die vrugte van bladwisselende bome wat deur Oos-Kaapse boere verbou word, word uitgevoer, 18% word plaaslik verkoop en 34% word in verskeie ander pro-dukte verwerk.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kouga Express Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.