Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Albert erken: 'Daar's iets lekker aan die donker kant'

Albert Pretorius is te sien in Ons is almal freaks hier en Nêrens, Noord-Kaap. Marchelle van Zyl het voor ’n vertoning met hom gesels oor die verskillende rolle wat hy speel, beroepkeuses en vryheid.

Albert Pretorius oor akteur wees: “Ek kan of wil niks anders doen nie.”Foto: Nardus engelbrecht

Wie is Albert?

Ek dink nogal mense dink ek is hierdie borrelende . . . en ek ís in die samelewing. Ek geniet nogal stilte. En ek hou van lees. Baie dae word bestee in ’n stil kamer met ’n boek of met ’n reeks of so. En ek hou nie baie van lang lopies op die strand nie. Ek verkies eerder om te kyk hoe mense op die strand loop terwyl ek roomys eet.

Ek is nogal privaat. Ek hou baie van my eie spasie. Ek dink die groot ding is vryheid. Ek hou van die idee van vryheid waar jy half doen wat jy wil. As ek nou die langpad wil vat, kan ek in my kar klim en gaan, of as ek nou besluit ek sluit my af van die wêreld en kyk Mad Men seisoen 1 tot 7, wil ek dit kan doen.

Maar ons is mos baie multidimensionele mense, en dit is maar een deel van my persoonlikheid.

Julle skep baie werk vir julself – regisseurs, skrywers en vervaar­digers . . .

Wel, dis óf jou eie werk skep óf gaan waiter. Of iets anders probeer doen. Ek het in Holland ook gewerk en die director het iets interessants gesê. Hy het gesê omdat die budgets hier soveel kleiner is, word ons geforseer om kreatief om te gaan met ons tyd. So, ons word geforseer om meer kreatief te wees, meer goed te skep, meer jou eie ding te doen. En ek dink ook dis hoekom jy sien dat mense klein groepies stig soos The Pink Couch of Red Polony wat net hul eie ding doen, want as jy die heeltyd moet wag vir werk, sal jy dalk iets anders moet doen. Ek wil nie iets anders doen nie, so . . .

Is dit vir jou ’n groot sprong as jy van TV na die teater toe gaan?

Nee wat. Nee, elke medium het sy eie tegniese challenges. Tegnies is daar klein verskille, maar op die ou end moet jy net act en eerlik speel. Dis nou maar waarop dit neerkom. Jy probeer maar net die essence van ’n karakter vind en so geloofwaardig moontlik in die ou se skoene probeer staan.

Ek dink dis belangrik om die probleme in jou menslikheid raak te sien en as ’n mens nou sulke villains speel, dat mense kan sê: “Sjoe, hy is ’n baddie. Het ek ook van daai in my? Can I hopefully be different?”

Watter gunstelingkarakters het jy al vertolk?

Ek het nie regtig gunstelinge nie. Ek probeer om te lewe sonder om favourites of hoogtepunte of sulke goed te hê. Ek speel nogal baie baddies in teater en baie net die nice ouens op TV. So, ek voel ek kry so ’n lekker double whammy van hulle almal. Elke karakter het ek ’n soft spot voor op ’n manier.

En villains?

Dis lekkerder. Ek glo ons almal is met dieselfde kompleksiteite gebore. Dit hang mos nou maar af in watter omstandighede jy gebore is, of die keuses wat jy maak in jou lewe. Soos jy ouer word, is jy gevorm deur die keuses wat die mense om jou of jyself gemaak het. Maar dit beteken nie jy is nie in staat tot moord nie, jy is nie in staat tot liefhê nie . . . Al daai goed is iewers binne-in jou. Ek is nogal ’n gentle persoon van geaardheid, so vir my om na ’n wrede kant toe te gaan, is nie iets wat ek in my alledaagse lewe uitleef nie, so as ek die kans kry om dit uit te leef op die verhoog of voor die kameras, dan is dit nogal lekker om in die donkerte te speel.

Ek moet sê in Waterfront het ek so ’n ligte karakter, so ’n jolly ondertoon, en dit was lekker om bietjie die goodie te speel.

Daar is iets lekker aan die donker goed. Solank dit mense oor goed laat dink: oor hul eie menslikheid, waar hulle polities staan. Dit is pointless wanneer jy ’n racist of ’n rapist speel, as mense nie die elemente gaan sien en verstaan hoekom dit verkeerd is nie, veral waar die lyne baie geblur is.

Daar is ’n vreemde donkerheid in Freaks. Dit is daai mense wat nie dink hulle doen iets verkeerds nie, of mense wat dink hulle gaan in met noble inten­tions, wat die meeste skade doen.

Ek dink dis belangrik om die probleme in jou menslikheid raak te sien en as ’n mens nou sulke villains speel, dat mense kan sê: “Sjoe, hy is ’n baddie. Het ek ook van daai in my? Can I hopefully be different?”

As jou hele wese vir jou sê jy moet ’n akteur word, doen dit. Sterkte, maar maak seker dis wat jy wil doen.

Hoekom doen jy dié werk?

Want ek kan of wil niks anders doen nie. Dis regtig vir my die lekkerste ding in die wêreld, wat ’n bietjie sad is, maar dit is nou maar so. Dis maar ’n manier om myself te express. Om vir mense stories te vertel, en om dinge waaraan jy nie noodwendig self sal dink nie . . . ook in jouself te krap. . . vrae te laat opduik by gehoorlede.

Daar is ’n vryheid in acting waar jy regtig enigiets kan wees wat jy wil wees. Ek onthou, ek was 11 toe die juffrou vir my gevra het wat wil ek eendag wees. In daardie stadium was dit soort van ’n boer of ’n firefighter of ’n dominee. En toe besef ek net dat as ek ’n akteur is, kan ek al daai goed wees. So, ek dink dit gee my ook ’n kans om alles te kan wees.

Jy het nou seker groter gehore as wat jy as dominee sou gehad het en meer mense luister na jou?

Ek wonder of mense luister, though. Ek hoop so. Freaks is vir my ’n baie ontstellende stuk . . . die karakter wat ek speel. Ek hoop mense ervaar dit ook so. Want die goed wat aan Saartjie Baartman gedoen is, is verskriklik en ek hoop darem dit maak vrae oop waar daai vrae nie gevra word nie. In huise waar sy net ’n geskiedenisles is. Ek hoop die waarheid van die stories kan goed ontsluit by mense.

Die exploitation of women is still a very big thing. It is not stopping. It is still going on and no one is talking about it. En dis een ding om daaroor te lees, of in ’n movie te sien, maar wat teater doen, is hierdie menslike ding: It is making it human and real en jy besef dit gebeur met regte mense en daar is regtig slegte mense daar buite.

Watter raad sal jy vir jong akteurs gee?

Maak seker dis wat jy regtig wil doen, want ek dink dit kan ’n baie harde, alleen lewe wees as jy dit halfhartig doen en die verkeerde goed najaag. As jy dit net doen vir fame, moet dit nie doen nie; dit is die verkeerde rede. As jou hele wese vir jou sê jy moet ’n akteur word, doen dit. Sterkte, maar maak seker dis wat jy wil doen.

  • Maak seker jy loop nie die laaste vertonings van Ons is almal freaks hier om 09:00 en Nêrens, Noord-Kaap om 12:00 mis nie.
Meer oor:  Oudtshoorn  |  Verhoogstuk  |  Noord-Kaap  |  Televisiereeks  |  Vermaak  |  Kunstefees  |  Akteur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Krit Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.