Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Amanda het nog nie één KKNK gemis nie
Amanda beskryf Stadig oor die klippers as iets heeltemal anders as haar vorige vertonings. Foto: Nardus Engelbrecht

Amanda Strydom en Coenraad Rall is terug by die KKNK met die blinknuwe produksie Stadig oor die klippers.

Die liefde, die lewe, die menslike kondisie, die dood, is alles onderwerpe wat aangeraak word. Die blou planeet, die komiese, die patos, die mens in nood. Sy neem haar gehoor met haar kenmerkende styl deur ’n wye spektrum emosies. Oor berge en deur dale en stadig oor die klippers.

Amanda was van die eerste KKNK af deel van die fees en het nog nie een fees misgeloop nie. Sy was die wenner van die 2016 Fiësta vir beste prestasie in ’n musiekgedrewe produksie en het ook 2016 se ATKV-Prestigeprys vir haar bydrae tot Afrikaans ontvang.

1. Wat geniet jy van die fees?

Die reaksie van die gehore wanneer ek ’n nuwe vertoning aanbied. Dis senutergend, maar baie lonend as ek die reaksie ná die tyd dophou.

2. Vertel kortliks meer van jou vertoning vanjaar. Jy sing minder bekende liedjies ook?

Stadig oor die klippers is iets heeltemal anders met ’n boodskap. Dis meer universeel as my ander vertonings. Die liedjies wat ek gekies het, pas elkeen perfek op ’n plek in die program.

3. Hoekom werk jy so lekker saam met Coenraad?

Ons is vriende en ek bewonder sy toewyding, hy het geweldig baie ervaring in teater en hy werk hard. Hy sê Stadig oor die klippers is die moeilikste opdrag wat ek hom nog gegee het. Maar hy voer dit briljant uit.

Coenraad Rall word deur Amanda geloof vir sy toewyding en hardwerkendheid. Foto: Nardus Engelbrecht

4. Het jy enige feesrituele wat jy elke jaar probeer bybring?

Ek gaan groet altyd by die feeskantoor wanneer ek in Oudtshoorn aankom. Vanjaar het ek geleer dat die kantoor geskuif het en toe ek uiteindelik by die kantoor in Jan van Riebeeckweg aankom, was daar niemand wat ek ken nie.

5. Was daar ’n spesifieke fees wat oor die afgelope 24 jaar vir jou uitgestaan het?

Elke fees was kosbaar, maar die jaar wat ek Mnr. Mandela ontmoet het, was onvergeetlik.

6. Waarheen gaan julle ná afloop van die fees met Stadig oor die klippers?

Na Die Boer Restaurantteater in Durbanville, die Atterburyteater in Pretoria en dan ook die Aardklopfees.

7. Kyk jy enigiets terwyl jy hier is en indien wel, wat?

Dit hang alles van skedulering af. Daar is goed wat ek wíl sien, maar dit bots met my skedulering.

Soms is ek gelukkig, dan kan ek maters se werk gaan kyk. Anders bly ek tjoepstil in my kamer.

  • Stadig oor die klippers. Kontemporêre musiek. Die Windpomp-restaurantteater. Vandag om 10:00 en 21:00.


Meer oor:  Amanda Strydom  |  Oudtshoorn  |  Musiek  |  Kknk  |  Vermaak  |  Kunstefees  |  Krit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Krit Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.