SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Nuus
ATKV ‘bou brûe deur die kunste’
Nita Cronjé van die ATKV. Foto: Marchelle van Zyl

Die ATKV is in vier areas van die KKNK betrokke: Die Boekoase, die kinders se Speelbos, die ATKV-kampvuur saam met Haidee Muller en die Tienertoneelproduksie.

“Ons groot feesstrategie is om te fokus op boeke en leesbevordering onder oud en jonk,” verduidelik Cronjé. “Dis hoekom ons die ATKV-boekoase het. Die Boekoase is ’n kombinasie van ’n boekwinkel, ’n gespreksvenue en goeie koffie en ’n glasie wyn.”

Wat haar baie opgewonde maak dié jaar is die Tienertoneel-wenproduksie In die selle van die Hoërskool Tygerberg, wat vandag en môre hier speel.

“Die standaard van die ATKV-tienertoneel is uitstaande. Dit kan kers vashou by enige van die produksies deur professionele akteurs en geselskappe wat by die fees speel. So, ons is baie trots op ons tienertoneelwenners.

“ ’n Baie interessante tendens wat ons sien by die tienertoneelkompetisies is die tekste waarmee hulle werk. Dis nie tekste wat hulle by Dalro kry nie, hulle skrywe die goed sélf,” vertel Cronjé opgewonde.

“Deur tienertoneel hoor jy die tieners se issues, se stemme en wat vir hulle belangrik is. Dit is baie outentiek. Hulle probeer nie iets sê wat nie vir hulle eg voel nie. Dis regtig outentieke tienerteater. So, jy weet wat in hul gedagtewêreld aangaan. Jy kan nie namens ’n tiener praat nie. Hulle kry hul eie stem deur tienertoneel.

Daar is min dinge soos die kunste om brûe te bou tussen álle Suid-Afrikaanse mense. Nie net Afrikaanse mense nie, maar álmal: Afrikaans, Engels, Xhosa, Zoeloe, Kaaps . . . álles.

“Dís dan wat teater so ’n ongelooflike medium maak. Dis ’n spieël, dis ’n stem vir die wêreld daar buite en die wêreld hier binne-in mense.”

Hoekom bly die ATKV betrokke by kunstefeeste?

“Kunstefeeste is ’n ongelooflike platform vir die verskillende kunste in Afrikaans, maar ook andersins. Daar is min dinge soos die kunste om brûe te bou tussen álle Suid-Afrikaanse mense. Nie net Afrikaanse mense nie, maar álmal: Afrikaans, Engels, Xhosa, Zoeloe, Kaaps . . . álles. Want dit is hoe ons mekaar ontmoet: deur te kyk na mekaar, mekaar te hoor, te luister na mekaar. Dis ’n hutspot van idees en dinge en dit verryk ’n mens as jy jou daaraan blootstel. Dit dwing jou bietjie uit jou gemaksone. Dit sit jou in ’n ander ou se skoene. Jy kyk skielik op ’n ander manier na dinge.

“Soos Hennie van Greunen se stuk Kinnes. Dit is die verhaal van vier kinders uit die Kaapse Vlakte. En dis een ding om dit te lees (die teksskrywer is Chase Rhys, wat nou die Roselyn en Adam Small-prys gewen het) en dit is ’n aangrypende ervaring. En dit is deur die kunste, deur teater, wat ek ’n ander mens se wêreld beleef. Dit raak jou op ’n ander manier.

“Dít is wat die kunste doen; dít is hoekom die ATKV betrokke is. Ons het ’n kultuuropdrag om deur middel van die kunste brûe te bou. Want ons preek nie en ons baklei nie; ons bou brûe. En jy bou die beste brûe met die kunste. Hoe verander jy ’n nasie, ’n volk, ’n wêreld? Deur mense te kry om te lees. Want lees open wêrelde in jou kop. Dit is hoekom ons feesleuse is ‘Ontdek ’n nuwe wêreld’ en waardeur beter as deur boeke en die kunste?”

  • Innie selle. Toneel. Griesselsaal. Maandag om 12:00, Dinsdag om 14:00 en 4 April om 10:00.

Meer oor:  Atkv  |  Toneel  |  Kknk  |  Vermaak  |  Kunstefees  |  Krit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Krit Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.