Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Beplan jou laaste twee feesdae só
Gideon Lombard in Die reuk van appels, wat nou weer by die KKNK te sien is. Foto: Nardus Engelbrecht

Met slegs twee dae van dié KKNK oor, sal jy joukykskedule fyn moet beplan. Sekere stukke se speelvak is wel reeds verby, maar twee begin vandag eers en ’n klomp loop nog tot op die laaste dag. Daar is ook twee toneelstukke, insluitend die veelbekroonde Die reuk van appels, wat nie in die gedrukte program verskyn nie.

Die paar nuwe produksies is albei eenmenstoneelstukke.

Des-Lee McKenzie het die regie en teks van Nog meer ir(ras)sioneel behartig en speel ook die rol in hierdie kabaret. So ook Neels van Jaarsveld in Op my Eish!

Vars op die planke by die 2018 KKNK is ook Sê my naam soos ’n Starbucks-knaap, wat gister eers begin het. Daar is nog twee vertonings van hierdie stuk wat deur Wessel Pretorius geskryf is – vandag en môre. Je-ani Swiegelaar is in die hoofrol.

Buiten dié wat reeds hul speelvak voltooi het, kom vier produksies vandag tot ’n einde. Vandag is die laaste kans om Daniel Mpilo Richards in State Fracture te sien wanneer dit by Die Parlement plaasvind, asook die tragikomedie Swerfgoed, Half-leeg met Cintaine Schutte, Hierdie lewe met Antoinette Kellermann en die US Woordfees se Die baba met die badwater.

Die kabaret NRNNSA, of Die Nuwe Republiek van die Nuwe Nuwe Suid-Afrika, verskyn nie in die gedrukte program nie en maak ook vandag klaar. “Woon jy nog in die nuwe Suid-Afrika?” vra die stuk se programbeskrywing. “Wel, dis super ou nuus. Die Nuwe Republiek van die Nuwe Nuwe Suid-Afrika is waaroor die volk nou gons. Almal wil soontoe gaan. Maar daar kan ongelukkig net een wenner wees . . . Kom vind uit wie die mees getransformeerde gesin is en gryp dan sommer vir jóú ’n inskrywingsvorm by die deur.” Die toneelstuk van 50 min vind plaas by die Netwerk24-Feeskafee om 21:00. Kaartjies is R50 en die rolle word verdeel tussen Carla Smith, Conradie van Heerden, Devonecia Swartz, Hendrik Nieuwoudt, Kristin Pienaar, Lara de Bruijn en Reuben Murphy.

Diegene wat elke keer die geleentheid mis om Die reuk van appels met Gideon Lombard te sien, sal nou moet gou spring. Dit vervang Die stoele, wat gekanselleer is, en vind vandag om 10:00 vir die tweede en laaste keer by vanjaar se KKNK plaas. Kaartjies is by die deur van die SANW Ouditorium te koop teen R115 per persoon. Geen o.16.

Maak gerus gebruik van die tydjie tussen langer vertonings om die Uitkampteater te besoek. Kaartjies is slegs R20.

  • Die volle program is in die gedrukte feesgids en word vir R20 verkoop. Dit is ook aanlyn by www.kknk.co.za beskikbaar.
Meer oor:  Toneel  |  Kknk  |  Teater  |  Vermaak  |  Kunstefees  |  Krit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Krit Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.