Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Boekgesprek: ‘Aanvaar mekaar se andersheid’
André le Roux, Bibi Slippers en Eben Pienaar van NB Uitgewers ná afloop van die boekegesprek oor Le Roux se nuwe boek Waarom mans altyd reg is (en ander onnoselhede). Foto: Marlene Malan

Daar is sommer baie verskille tussen mans en vroue.

Vroue se bobene lyk anders as mans s’n. Hulle kyk langs hulle, terwyl mans net voor hulle kyk. As vroue ’n vraag vra, soek hulle detail in die antwoord (mans nie); vroue werk met kleingeld (mans net met note); en vroue laat toiletpapier agter afhang as hulle die rolletjie ophang (mans laat dit voor afhang).

So het die skrywer André le Roux aan Bibi Slippers vertel oor sy uitgebreide kennis van vroue, na aanleiding van sy boek Waarom mans altyd reg is (en ander onnoselhede).

Le Roux het 18 jaar lank ’n rubriek vir die tydskrif Sarie geskryf, spesiaal vir vroue. “Ek ken Sarie-lesers. Ek weet hoe hulle reageer. Hier sit hulle. Netjies en stylvol. Ek het deur die jare geleer Sarie-lesers vat nie nonsens nie. Hulle is soms baie krities oor my stories, maar hulle deel ook komplimente uit. Ek moet sê ek hanteer kritiek goed.”

Tog is daar mense wat sê hy is seksisties. “Maar nee, ek is nie. My vrou sal dit nie toelaat nie. Sy is die eerste leser van my stories.”

Waarom mans altyd reg is is ’n samestelling van sommige van sy gewildste rubrieke.

“Dit is so dat sommiges harder met mans praat as met vroue – daai ouens wat Sarie skelm lees en skelm sepies kyk. Ek praat met die man wat net wil sit en koerant lees en dan sê hy is besig, en nie die tuinhekkie wil regmaak nie – iets waaroor sy vrou al lankal kla.”

Hy sit sy idees vir sy rubrieke in sy rooi lêer, het Le Roux vertel. “Ek is ’n waarnemer. Ek hou my oë en ore oop, As die idee reg is, vlot die rubriek. Die slot is die slot – ek weet waarheen ek op pad is.”

Ek praat met die man wat net wil sit en koerant lees en dan sê hy is besig, en nie die tuinhekkie wil regmaak nie – iets waaroor sy vrou al lankal kla.

Sy studeerkamer is sy heiligdom, “en die kere wanneer ek by die venster uitkyk, beteken dit nie ek doen niks nie. Ek werk, want ek dink.”

Oor die jare het “die vrou” dieselfde gebly, volgens Le Roux. “Vroue – en mans – soek nog steeds slaapplek, kos en seks. Deesdae ook WiFi.”

Daar is nogal ’n reseppie wat jy kan volg as jy wil hê jou verhouding moet slaag. “Aanvaar dat die liefde ’n ding is wat met die jare groei. Mense verander.

Maar mans hou nie daarvan om met ’n suurgesig-vrou opgeskeep te sit nie. Humor in ’n verhouding is baie belangrik.

“Aanvaar mekaar se andersheid.”

Meer oor:  Bibi Slippers  |  André Le Roux  |  Oudtshoorn  |  Kknk  |  Vermaak  |  Boeke  |  Kunstefees  |  Krit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Krit Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.