Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Daar is nóg opwindende Klein-Karoo-ervarings wat wag
Ontbyt saam met olifante op Buffelsdrift is ’n besonderse ervaring. Foto: Verskaf

Met die helfte van die KKNK agter die rug, is daar dalk mense wat ’n bietjie bene wil rek en “iets anders” in die Oudtshoorn-omgewing wil doen.

Môre (3 April) is daar iets heel anders: Die infanterieskool maak dan groot geraas by sy opleidingsterrein. ’n Vuurkragdemonstrasie word daar aangebied en verskillende wapens sal vertoon word. Bring net jou eie oorbeskerming! Dis gratis en daar sal kosstalletjies wees.

Die Bossafari is ’n wyn-en-tapas-avontuur wat oor verskeie dae deur die Buffelsdrift-wildreservaat aangebied word. Dit neem jou na drie uitkykpunte waar wyn van die omgewing met tapas bedien word en jy kry ook die geleentheid om wild op die plaas te sien.

In ’n aparte geleentheid bied die plaas ook ’n olifant-ontbyt aan. Geniet ’n vars Karoo-ontbyt saam met die grootvoete Malaika, Bulelo en Jabari – drie wees- Afrika-olifante wat ’n tuiste by Buffelsdrift gevind het. Interaksie met die olifante en fotogeleenthede is deel van die ervaring.

Daar is weer vanjaar ’n historiese wandeltoer. Dit is ’n gemaklike stap wat die hele gesin kan geniet. Daar word besoek afgelê by belangrike argitektoniese geboue in Oudtshoorn, wat konteks oor die geskiedenis van Oudtshoorn gee.

Die whisky-kenner Chris Koch is ook vanjaar terug, dié keer met ’n nuwe proe-ervaring. Sy solovertoning neem die vorm van ’n sprokie vir volwassenes aan. Skoonlief en die Ondier beeld die karakters van vyf verskillende whiskies uit. Dit is ’n lighartige storievertelling met die bonus dat vyf enkelmoutwhiskies geproe word.

Meer oor:  Kknk  |  Vermaak  |  Kunstefees  |  Krit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Krit Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.