Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Dié kinders weet van teater

Die kindertjies in die Speel-speel-tent slaan die jembe-dromme vir die vale. Almal sit mooi stil op hul stoeltjies en hul aandag is baie ernstig gefokus op Jaco Spies, wat die storie vertel en die musiek maak.

Met sy eie bewegings wys Jaco die kinders hoe om die tromme te slaan of te vryf of te krap om verskillende klanke voort te bring wat help om saam met hom die storie te vertel. Die interaktiewe storievertelling hou die kinders vasgenael op hul stoele. Schoemé Grobler hanteer die seemeeu wat rondvlieg en ’n maatjie soek. Isabelle Grobler, ’n gasakteur van Bloeb!, die Uitkampteater-produksie wat langsaan speel, het letterlik kom hand bysit om aan Oester karakter te verleen.

Kinders is gewoonlik jou moeilikste en eerlikste gehoor.

Hulle sal dit baie gou duidelik laat blyk as dit vir hulle vervelig is. Maar hier was baie van die gesiggies in die tent veteraan-teatergangers wat al meer as een produksie kom kyk het, en net weer en weer terugkom.

Die ensemble is goed geolie, die interaktiewe element hou die gehoor geïnteresseerd en die hande besig. En dis snaaks. Een outjie in die hoek het so lekker gelag, ek het gedink hy gaan van sy stoel af val.

Jaco en Schoemé het drie verskillende stories voorberei vir die fees, dus is dit ’n goeie rede om terug te kom en iets anders te kom kyk.

Met die bekostigbare prys van R20 vir die Uitkampteater-kinderproduksies is dit moontlik vir jou kind om heeldag vermaak te word.

Fluit-fluit, die storie is nog lank nie uit nie.

  • Speel-speel, my storie is uit. Uitkampteater in die ATKV-speelbos. Kuierbuurt. Daagliks.
Meer oor:  Oudtshoorn  |  Kknk  |  Vermaak  |  Kunstefees  |  Krit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Krit Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.