Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Die klappe van die lewe pla Rian van Heerden min
Martelize Brink van RSG-faam het met Rian van Heerden oor sy boek en lewe gesels. Foto: Marlene Malan

Die TV- en radioman Rian van Heerden is nie op sy bek geval nie. Dis hoekom hy al verskeie kere die trekpas gekry het wanneer hy iets uitdagend kwytraak wat, volgens sy base, maar kon gebly het.

Dit pla hom egter nie in die minste nie. Elke afdanking in sy lewe het hom sterker gemaak en nuwe uitdagings gebied.

Van Heerden het sy gespreksleier, die radioaanbieder Martelize Brink (wat luisteraars as ewe bekkig ken), soms stil gepraat tydens hul gesprek oor sy boek 16 Dinge wat ek nie moes sê nie. Sê het hy daai dinge gesê in die Boekgesprekreeks in die Netwerk24-feestent. Tot groot vermaak en lekkerkry van die gehoor.

Oor die lewe: “Alles het vir my begin verander vandat ek begin luister het.”

Oor Suid-Afrika: “Ons land is nie die een waaroor jy in die media en op sosiale media lees nie. Suid-Afrikaners wil dit maak werk!”

Oor probleme in ons samelewing: “Ek as omroeper het ’n verantwoordelikheid om foute en onreg uit te wys en daaroor te praat. Ek is verby die dae dat ek omgegee het oor wat mense dink van my en dit wat ek sê.”

Oor afdanking: “Dis bevrydend!”

Oor grense: “Ek wou met my boek uitbreek, taboes blootstel, by selfopgelegde grense verbypraat, soos oor seksualiteit.”

Rian van Heerden. Foto: Dino Codevilla

Oor andersheid: “Jy kan leer uit iemand anders se andersheid. Jy moet jou eie raakpunte soek in daardie andersheid.”

Oor geduld en politiek: “In Afrika gaan dit oor geduld. As jy nie geduld het nie, moet jy loop. Cyril probeer sy bes. Gee die man ’n kans.”

Oor vermaak: “My grootste vermaak, jare gelede, was om na die groot orators te gaan luister – A.P. Treurnicht en Eugène Terre’Blanche. Om na die AWB se lugvleuel te gaan kyk – een Cessna wat verbyvlieg. Na hul weermag, wat nooit in gelid kon loop nie. Na hoe hulle die vlag wou verbrand, maar dan het niemand ’n lighter nie.”

Oor klagtes oor jou: “Jy word nie gebore met ’n dik vel nie. Kweek een. Moet jou nie te veel steur aan ander se opinies nie. Onthou: opinies is soos poepholle: Almal het een.”

Oor persepsies: “Dis soms net stereotipering.”

Oor sy openbare beeld: “Nie alle gay ouens is verfynd, flambojant en loop rond met pienk hondjies nie.”

Oor sy privaat lewe: “In ons generasie was daar nie iets soos gay wees nie. Toe is dit sodomie genoem. Maar ons vorder. My ma het gewonder of ek gay is omdat sy te veel haarsproei gebruik het toe sy swanger was met my. “Ek het geleer my privaat lewe is myne. En ek het begin besef ’n mens sal nooit weet wat ander mense agter toe deure doen nie. Die geheim is – hou daai deur van jou toe!”

Meer oor:  Rian Van Heerden  |  Oudtshoorn  |  Kknk  |  Vermaak  |  Boeke  |  Aktueel  |  Kunstefees  |  Krit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Krit Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.