Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Feesetiket: Om te klap – of soms nie

Gehoorlede betuig graag hul waardering of misnoeë by die aanhoor of aanskoue van die uitvoerende kunste. Elke genre het egter ook sy eie kenmerke, tradisies en gebruike wat gehoordeelname betref.

Spontane applous

Ten opsigte van toneel is dit eintlik maklik of voor die hand liggend: die gehoor klap aan die einde van ’n toneel, bedryf of die slot van die stuk hande. Dit kan egter ook gebeur dat ’n (baie bekende) speler met sy/haar verskyning of nadat ’n besondere stuk spel gelewer is, ’n

open hand ontvang. Spontane applous of dan hande klap. Dit word ook gegee aan balletdansers wat ’n beweging uitsonderlik goed uitgevoer het. Dansers neem buigings ná ’n pas de deux of solo.

Voor die gordyn

Met musiekspele (

musicals) is dit ietwat anders. Sodra ’n liedjie gesing is, word die sangers en/of dansers gewoonlik toegejuig.

Hierteenoor is kunsmusiek – die benaming wat die uwe verkieslik gebruik omdat klassiek ’n styl is net soos wat barok, romanties, modernisties, kontemporêr, postmodernisties of renaissance en dergelike meer almal style is. Nietemin het die woord klassiek letterlik wêreldwyd die benaming geword waarmee alle ernstige musiek beskryf word. (Nie dat alle kunsmusiek noodwendig “ernstig” is nie.)

Vir Italiaanse opera – wat meestal bestaan uit resitatiewe afgewissel met arias of kore – is dit die gebruik dat die sanger/s of koor (indien die aria/koorsang deeglik uitgevoer is) applous ontvang. Aan die einde van elke bedryf verskyn die soliste ook voor die gordyn om te buig.

Hierteenoor staan die Duitse opera baie sterk. Bedrywe is wat hulle noem durchkomponiert, dit wil sê nie bestaande uit afsonderlike arias of verse met ander musiek vir elkeen nie. Die musieklyn, met al sy variasies en verskillende skakeringe en tone, loop regdeur. Applous word dus alleenlik aan die einde van elke bedryf gegee. Ook Franse komponiste soos Berlioz werk in hierdie “sleutel”. En die sangers maak geen verskynings voor die gordyn – as dit gebruik word – nie.

Die Duitse opera is dus nader in struktuur of dan aanbieding aan die simfonie en die konsert (concerto). Helaas is daar vandag nog gehoorlede wat nie weet dat daar nie tussen bedrywe hande geklap word nie.

Sangeres ontsenu

Laastens is daar die kunslied (Duits: Lieder). Dit is getoonsette gedigte en word deur baie musiekkenners as die edelste of hoogste vorm van musiek beskou. Liedere vorm dikwels saam ’n siklus en hier is dit baie belangrik om te weet dat daar tydens ’n siklus nie ná elke lied geklap word nie. Al is die siklus ook nie deur die komponis self so bepaal nie, soos in die geval van Richard Strauss se

Vier letzte Lieder wat oraloor as siklus aangebied word. Enkele jare gelede het ons eie Elza van den Heever, wat in die Met (New York), La Scala (Milaan) en elders opspraak verwek het, einste die Vier letzte Lieder in die Kunstekaap gesing. Die gehoor was oorywerig en het ná elke lied geklap. Dit het die sangeres, dirigent en orkes só ontsenu, hulle het ongelyk ingeval met die tweede lied. Terloops, elke sanger(es) kan kies in welke volgorde sy dié liedere wil lewer.

By kunstefeeste is dit die neiging om vir feitlik elke produksie ’n staande toejuiging te gee – wat nie noodwendig die geval in stadsteaters sal wees nie. Maar al die kunstenaars doen soveel moeite en offer soveel op om hul kuns na die feeste te bring, dat hulle eintlik daarop geregtig is.

Bravo!

En in die geval van ’n vrou is die toejuiging Brava!

Meer oor:  Oudtshoorn  |  Kunstefeeste  |  Kknk  |  Vermaak  |  Krit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Krit Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.