Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Gesprekreeks: Dis maklik om alles op Zuma te pak
Ivor Price

Dit is die eerste oggend van hierdie jaar se fees en dit reën. Ivor Price, aanbieder van Die Burger Praat Saam-gespreksreeks, erken dat hy nie ’n groot gehoor verwag het nie, maar die Netwerk24-feeskafee begin stadig maar seker vul met nuuskierige mense.

Op die verhoog sit twee gr. 9- leerlinge van die Hoërskool Oudtshoorn, Danelle Titus en Zoe Davids, Faiez Jacobs (Wes-Kaapse ANC-sekretaris), John Steenhuisen (DA-hoofsweep) en Leagan Phillips.

“Die realiteit is ons het ’n jong land, ’n jong demokrasie en ’n jong bevolking,” sê Price, “daarom is dit belangrik om in gesprek te tree met die jeug en die jong leiers van ons land.

“Dit is ook die jongmense wat die seerkry en die haakplekke van Suid-Afrika se demokrasie ervaar. Dit is die jongmense wat die werkloosheid, toegang tot gesondheid en veral die swakplekke in die onderwysstelsel die swaarste voel.”

Die idee was om saam aan ’n toekomsresep te bou en om ’n geleentheid te skep waar die jeug saam kan praat.

In die 60 minute van dié gesprek is daar baie gesê en die jeug het entoesiasties saamgepraat, maar ’n konkrete toekomsresep is nog ver weg.

Die gehoorlede wat van die vloer af gepraat het, het die tema van die gesprek totaal en al misverstaan en eerder die teenwoordiges se politieke partye aangeval.

Die gesprek het begin met die ou deuntjie wat ons almal al vir jare sing: “Ons onderwysstelsel berei nie jongmense voor vir die lewe ná skool nie. Jongmense in minderbevoorregte areas het nie toegang tot goeie onderwys nie.”

Die twee jong stemme op die verhoog was sterk en oopkop. Dit was inspirerend om te sien hoe die twee gr. 9-leerlinge van die plaaslike gemeenskap hulself met selfvertroue en volwassenheid uitdruk.

Danelle het gevra of ons land ooit sal herstel van die skade wat oudpres. Jacob Zuma aangerig het.

“Ons moet die foute wat gemaak is, erken. Ons moet daardie foute aanvaar. Maar ek dink ons kan nie die ANC by name blameer nie. Ons moet dit duidelik maak dat dit nie die ANC is wat verhoor word nie. Die skuldige individue moet verantwoordelik gehou word en verantwoordelikheid vat vir hul optrede,” was Jacobs se antwoord.

Steenhuisen se redenasie was: “Ek dink dit is ’n baie maklike uitweg om altyd vir Jacob Zuma te blameer vir alles, maar die probleem in die stelsel is baie meer fundamenteel as net een man. Ek dink ons met erken dat die onderwysstelsel in Suid-Afrika gebroke is en ons moet daardie stelsel regmaak”.

Die twee jong stemme op die verhoog was sterk en oopkop. Dit was inspirerend om te sien hoe die twee gr. 9-leerlinge van die plaaslike gemeenskap hulself met selfvertroue en volwassenheid uitdruk. Hulle het intelligente vrae gevra, saamgesels en ook ’n stem van hoop gebring – anders as die gehoor.

  • Die Burger Praat saam is elke oggend om 09:00 in die Netwerk24-feeskafee. Daar is elke dag ’n ander tema met ’n paneel vol interessante en kritiese denkers. Kom praat saam oor belangrike kwessies en deel jóú denkwyse.
Meer oor:  Faiez Jacobs  |  Ivor Price  |  John Steenhuisen  |  Oudtshoorn  |  Kunstefees
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Krit Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.