Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Gesprekreeks: Hoe kan die droogte van die kerk gebreek word?
Op Goeie Vrydag het vier uiteenlopende stemme by die Netwerk24-feeskafee saamgekom as deel van Die Burger Praat Saam-gespreksreeks. Die spesiale onderwerp op hierdie Paasvrydag is: Ek, God en die Kerk. Foto: Jaco Marais

Op Goeie Vrydag het vier uiteenlopende stemme by die Netwerk24-feeskafee saamgekom as deel van Die Burger Praat Saam-gespreksreeks. Die spesiale onderwerp op hierdie Paasvrydag is: Ek, God en die Kerk.

Die paneel het bestaan uit Danie du Toit (hoofsanger van Spoegwolf), Ivor Swartz (voormalige gevangene en nou jeugpredikant), ds. André Boezak (VGK Oudtshoorn) en dr. Braam Hanekom (voormalige moderator van die NG Kerk).

“Hoe kan ons die droogte van die kerk breek?” het die aanbieder, Ivor Price, gevra. “Die realiteit is dat baie tradisionele kerke leeg loop. Charismatiese kerke loop egter oor. Baie mense draai hul rug op die kerk en tog het mense ’n honger na ’n spirituele ervaring.”

Dr. Braam Hanekom, voormalige moderator van die NG Kerk. Foto: Jaco Marais
Ivor Swartz, voormalige gevangene en nou jeugpredikant. Foto: Jaco Marais
Ds. André Boezak, VGK Oudtshoorn. Foto: Jaco Marais
Danie du Toit, hoofsanger van Spoegwolf. Foto: Jaco Marais

Ek het met nuuskierige ore geluister na die kundiges op die verhoog. Die gesprek was gemaklik en die paneel kon met mekaar saamstem, van mekaar verskil en mekaar uitdaag. Dit is duidelik dat die gesprek oor die kerk baie kompleks is. Vir sommiges is die kerk te liberaal en vir ander te konserwatief.

Swartz kyk met jong en hoopvolle oë na die kerk. Vir hom is die kerk ’n aanloklike ruimte waar hy eg en eerlik kan wees.

“Die kerk kom sê: Hoor hierso, julle het nog steeds jul vrae, ons het nog steeds nie al die antwoorde nie, maar ons wil vir julle ’n oase wees. Ons wil vir julle ’n plekkie gee.”

Die gesprek was eerlik en waardevol. Almal kon saamstem dat die kerk nie al die antwoorde het nie. Dat die kerk moet groei en moet verander om aan die lewe te bly.

Du Toit het die noodsaaklike vraag gevra: “Wat bepaal die sukses van die kerk? Gaan die sukses van die kerk oor hoe vol of hoe leeg dit is?”

Ten gevolgtrekking het almal saamgestem dit is die kerk se verantwoordelikheid om inklusief te wees en daar te wees vir dié op die kantlyn.

Ek het die gesprek geniet en was gereed om hoopvol weg te stap, totdat ek met die volgende vraag gekonfronteer is: As vandag se gesprek oor geloof en Christenskap gegaan het, hoekom het dit nie met gebed begin nie?

Meer oor:  Danie Du Toit  |  Oudtshoorn  |  Geloof  |  Kknk  |  Vermaak  |  Kunstefees  |  Kerk  |  Krit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Krit Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.