Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
KKNK-hoof: ’n Fees moet 'helend' wees
Hugo Theart

“Ons is ongelooflik opgewonde oor die fees. Die gehore kan kom en saam met ons kunskierig wees hier in die Klein-Karoo. Ons is opgewonde oor die program. Die lekker ding is dat Oudtshoorn nie so ’n waterskaarste soos die Kaap het nie. Dit is ’n bonus, want mense wat lanklaas gebad het, kan hier kom bad.”

Aan die woord is die KKNK en Kunskierig 2018 se waarnemende bestuurder, Hugo Theart.

“Dit is vir my baie moeilik om hoogtepunte uit te lig, want die program word baie mooi saamgestel sodat daar ’n balans is en dat ’n mens iets vir almal kan bied.

“As ek van die absolute hoogtepunte móét uitsonder, is dit produksies soos Babbelagtig, wat ’n familieproduksie is. Ek het ’n repetisie bygewoon en dit is ongelooflik.

“Daar is nog ’n besonderse produksie, Lepeltjie vol snare, wat vanaand vir die eerste keer open en net aan die begin van die fees speel. Dit is een van ons Kunste Onbeperk-vereerdes, oom Hannes Coetzee, wat die lepeltjie-kitaarspeler is.”

Theart meen ook ’n ander produksie wat aandag verdien, is Swerfgoed, met die aktrise Tinarie Van Wyk Loots wat haar debuut maak as regisseur. Dit is ’n stuk uit die Teksmark-projek wat so pas ’n Fleur du Cap-prys vir innovasie gewen het.

“Vir die program het ons regtig gekyk om die bestes van die beste wat deur die jaar ook by ander
teaters en feeste aangebied is, na die fees toe te bring.

Kunstenaars soos Karin Hougaard en Lize Beekman is vir die eerste keer in ’n lang tyd terug by die fees en dit maak ons baie opgewonde.

“Wat die musiek betref, is daar ’n verskeidenheid kunstenaars. Daar is natuurlik die vier groot konserte wat op die Huisgenoot-verhoog aangebied word.

“Die program bied vanjaar ’n klomp baie intieme ervarings en dan is daar natuurlik ook die groot konserte. Iets soos Afrika my Verlange, met David Kramer as regisseur en wonderlike kunstenaars betrokke soos Laurinda Hofmeyr, Schalk Joubert en Kevin Gibson. Nog ’n besonderse produksie is David Kramer se Platteland wat debuteer.

“Kunstenaars soos Karin Hougaard en Lize Beekman is vir die eerste keer in ’n lang tyd terug by die fees en dit maak ons baie opgewonde.

“Nog opwindende aanbiedinge is die Uitkampteater en die talle gesprekreekse waaraan feesgangers kan deelneem.

“Ek dink dit is baie belangrik dat ’n mens debat voer, gesels en dat mense in gesprek tree. Die hele gedagte is dat die gehore en die feesgangers in kontak kan kom met kunstenaars oor hul werk en dat daar interaksie is.

“Die fees is ’n samekoms van verskillende mense met verskillende opinies en dis belangrik om te gesels en te kommunikeer. Een van ’n kunstefees se doelstellings is om helend te wees in ’n land en om die kwessies en gesprekspunte aan te spreek; dat ’n mens kan praat en kan sien waar jy oplossings kan vind, of waar jy net jou eie kop ’n bietjie skuif, hoe jy jouself kan uitdaag,” sê Theart, wat vanjaar vir die eerste keer aan die stuur van sake by die KKNK staan.

Meer oor:  Oudtshoorn  |  Kunstefeeste  |  Kknk  |  Krit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Krit Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.