Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kom kyk maar in dié doos vir goeie teater
Stephanie Gericke is oortuigend as ’n vrou aan die einde van die wêreld. Foto: Nardus Engelbrecht

“Ag nee, sies, man. Met so ’n naam gaan ek nie in daai plek in nie,” wys ’n vrou die uitnodiging van die hand om die vertoning Doos/Box by te woon. Dit sê dalk iets van die verbygangers se gedagtes as hulle die titel van dié Uitkampteater-stuk sien. Sy het egter dié doos misgesit.

Heel “onskuldig” verwys dit na die manier waarop die stel gebou is. Die “verhoog” is ’n vierkant wat met wit lakens afgeboks word in die middel van die tent. Die akteur, Stephanie Gericke, speel in die middel van die ingebokste verhoog. Die enigste toegang wat die gehoor tot die “verhoog” het, is om hul kop deur wit lakens te druk om te sien wat binne aangaan.

Gericke se spel raak jou diep. Sy duik in dié stofstuk in en onderdompel haar in Rademeyer se waterwoorde wat oor die gehoor stroom en ontvoer jou na ’n ander wêreld – dalk nié so ver nie.

Daar is drie tekste wat elk deur ’n ander skrywer geskryf is, so jy kan weer en weer terugkeer vir ’n ander ondervinding. Die een wat ek gesien het, is ’n Philip Rademeyer-teks van ’n vrou wat die einde van die wêreld bereik. Sy vertel vir ons van hoe die aarde eens op ’n tyd gelyk het, van riviere en bome en water.

Gericke sit in die middel van die verhoog in ’n sandboks en liefkoos ’n groot rots. Sy kruip in die sand en stof rond terwyl sy vertel van ’n verlore wêreld waarin groen en blou nog bestaan het.

Rademeyer se teks is ’n besonderse stuk prosa. Die ritme en poëtiese styl laat ’n mens dink aan ’n moderne Raka-teks wat vloei en spoel soos daardie klip wat in die middel lê.

Gericke se spel raak jou diep. Sy duik in dié stofstuk in en onderdompel haar in Rademeyer se waterwoorde wat oor die gehoor stroom en ontvoer jou na ’n ander wêreld – dalk nié so ver nie.

Die manier waarop die gehoor as skelm toeskouers ingelaat word om ’n kykie te kry op ’n ander wêreld, omskep dit in ’n baie besonderse, unieke teaterervaring. In eg-Uitkampteater-styl kry Llandi Beeslaar (regie) en Gericke dit reg om uit te daag, grense (en mure) te verskuif en vooropgestelde idees van plek en tyd te versit.

  • Doos/Box. Uitkampteater. Daagliks. 10:00 tot 12:00 en 15:00 tot 19:00 (Tye mag wissel. Besoek tent vir meer besonderhede.)
Meer oor:  Oudtshoorn  |  Toneel  |  Kknk  |  Teater  |  Vermaak  |  Kunstefees  |  Krit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Krit Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.