Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
KYK: Krit-fotograwe kies hul gunstelingfoto's van KKNK

Krit se fotograwe kies hul gunstelingfoto's van die KKNK 2018.

Natalie Gabriels

Hierdie foto van Du Toit Albertze wat in Die meermin-kompleks speel, was vir my ’n prettige foto om te neem en ook op te stel.
Na my mening was Babbelagtig visueel een van die beste vertonings. Dit was kleurvol, energiek en die een verrassing ná die ander. Vir my persoonlik was dit iets anders, veral omdat ek van die akteurs al in ander tipe vertonings gesien het, soos byvoorbeeld De Klerk Oelofse. Babbelagtig was nie vir my soseer ’n vertoning nie, maar eerder ’n besonderse ervaring wat ek in my geheuemandjie gaan bêre as een van my gunstelingvertonings tot dusver. Hierdie narre het die ouers net so hard en uitbundig soos hul kinders laat lag en is beslis nié net kinderteater nie.
In hierdie foto van Alex-Zay Leonards van Oudtshoorn speel sy haar rol met soveel emosie in die 20 minuut lange vertoning van Bid of baklei wat deel is van die Lappieskonsert. Dit is die eerste keer wat die deelnemers toneel speel en die stukke is in minder as drie dae bymekaar gesit. Dit gee ’n mens regtig hoendervel wanneer jy besef dat as iemand hulself nie so blootstel nie, niemand sal weet wat regtig in hul lewe aangaan nie.

Jaco Marais

In hierdie foto van Coenie de Villiers was dit uitdagend om die kunstenaar te kry om agter die klavier uit te loer terwyl hy opvoer. Ek het my so geposisioneer dat hy tussen die klavier en die bladmusiek deur loer en moes toe sit en wag vir die regte breukdeel van ’n sekonde.
Fotografie gaan oor lig en lyne. Vir hierdie foto het ek direk onder die arties gelê terwyl sy haar toertjies uitgevoer het. Ek voel dit is belangrik dat fotograwe soms uit ander hoeke na dinge moet kyk en foto’s moet neem sodat mense op ’n ander manier na die alledaagse kyk.
Die baskitaarspeler in die musiekstuk Lepeltjie vol snare het die geleentheid geskep vir hierdie treffende foto. Soms, net deur ’n gesig uit te sny, raak ’n foto ’n universele beeld waar lig die hoofrolspeler is.


Meer oor:  Oudtshoorn  |  Kknk  |  Kunstefees  |  Krit  |  Foto's
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Krit Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.