Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
KYK: Lize sing van verlies, maar op vaste voet
Lize Beekman. Foto: Jaco Marais
Lize Beekman. Foto: Jaco Marais
Lize Beekman. Foto: Jaco Marais
Lize Beekman. Foto: Jaco Marais
Lize Beekman. Foto: Jaco Marais
Lize Beekman. Foto: Jaco Marais

Lize Beekman was vir baie jare ’n bekende naam op die KKNK-feesprogram. Hoewel haar woorde op soveel ander sangers se tonge val, was daar ’n leemte waar sy moes wees.

Om haar weer terug te sien, voor ’n stampvol saal, voel op ’n manier net reg. Saam met haar is Jaconell Mouton agter die klawers.

Lize praat sag, sonder haas. Sy spring weg met die liedjie “Ami” en vertel ná afloop daarvan dat sy met dié nommer open, omdat dit haar veilig laat voel. Sy spreek die hoop uit dat die gehoor vir die “bietjie tyd wat ons paaie kruis, ’n rustige oggend sal hê”, en voeg dan laggend by dat sy mos nou nie eintlik bekend is vir haar danstreffers nie.

Die gehoor ken haar storie, ken haar lirieke en toe sy erken dat ’n stormwind haar opgelig en van haar voete gewaai het, maar dat sy nou weer op die aarde staan met vaste voete – ander voete, maar vaste voete – is daar heelwat stille kopknikke. Sy vertel dat sy vir baie lank stil was, maar dat sy met dankbaarheid hier voor die gehoor sit.

Sy gesels oor haar vriend Ryno, wat nog vir haar briewe met die hand skryf en al op ’n keer gesê het dat alle woorde, alle sinne, alle gedagtes al neergepen is. Dat niks nuut nog geskryf kan word nie. Niks is nog ongesê nie, maar “Ek het jou lief” het nog nooit sy trefkrag verloor nie.

Sy vertel dat sy vir baie lank stil was, maar dat sy met dankbaarheid hier voor die gehoor sit.

Die woord “vredig” kom onwillekeurig by my op en hoewel dit ook nie ’n nuwe gedagte is nie, is dit ’n afgeskeepte begrip waarvoor baie min mense deesdae tyd inruim.

Maar sy bring dit na elkeen se hart daar in die donker.

Die tema deur haar lirieke is hartseer en saamwees en verlies, en in die melankoliese ruimte sit almal in heilige stilte vir 70 minute.

Sy neem jou aan die hand en stap deur die Karoo, tot by Yzerfontein vir snoek en patat, en gaan draai in Nieu-Bethesda en Bethlehem. Toe sy “vanuit die stof, ’n Karoonag vol hoop” sing, voel dit asof sy waarlik terug is op die verhoog, terug in die vermaaklikheidsbedryf waar haar stem hopeloos te lank stil was.

Sy eindig met ’n nuwe liedjie en verklap dat sy pas ’n nuwe CD opgeneem het. As jy ook stilte ná die storm of ín die storm nodig het, moenie hierdie vertoning misloop nie.

  • Lize Beekman - Stilte ná die storm. Die Windpomp-restaurantteater. Sondag om 14:30.

Meer oor:  Oudtshoorn  |  Kknk  |  Vermaak  |  Kunstefees  |  Krit  |  Musiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Krit Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.