Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
KYK: Was jy al by só ’n bachelorette?
Cintaine Schutte as Vicky in Half-leeg. Sy sit laatnag in die kroeg en vertel van die ander henne op die partytjiebus. Foto: Nardus Engelbrecht
Cintaine Schutte skets in Halfleeg die deelnemers aan ’n hennepartytjie met oorgawe en oortuiging. Foto: Jaco Marais
Cintaine Schutte as Vicky in Half-leeg. Foto: Jaco Marais
Cintaine Schutte as Vicky in Half-leeg. Foto: Jaco Marais
Cintaine Schutte as Vicky in Half-leeg. Foto: Jaco Marais
Cintaine Schutte as Vicky in Half-leeg. Foto: Jaco Marais
Cintaine Schutte as Vicky in Half-leeg. Foto: Jaco Marais
Cintaine Schutte as Vicky in Half-leeg. Foto: Jaco Marais

Vroue se meestal onrealistiese eng heteronormatiewe witrokdrome word in die produksie Half-leeg uitgetrek, ontrafel en ondersoek. 

Dis tweeuur in die oggend en Vicky (Cintaine Schutte) sit met ’n goue uitrusting, vlerke en ’n kroon en drink nog ’n whisky in die hoek. Nie dat sy nog een nodig het nie. Jy weet hoe dit voel om dié tyd van die nag reeds babbelas te voel omdat jy te vroeg begin drink het, verduidelik Vicky.

Sy was by ’n kollega se bachelorette. Dit verklaar die vreemde uitrusting en die ontrafeling van die tong. Alkohol is baie keer die katalisator vir die losmaking van die waarheid. Vicky is eensaam en soek iemand om haar donker geheim te deel. Daar is nie ’n kroegman nie, maar daar is die gehoor. In Half-leeg word die gehoor die tweede karakter in die verhaal – ons is die priester teenoor wie sy bieg en baklei, brabbel en braak. Tussendeur wend sy haar tot drunk dialing en onsamehangende WhatsApp-stemboodskappe aan ou vriende en terugflitse van die aand se gesprekke.

Die henpartytjie het vroeër die aand op ’n partytjiebus plaasgevind. Vicky vertel van die ander henne op die bus en herhaal die gesprekke wat sy op die bus gehad het deur middel van terugflitse. “Die common bus, met die common vroue.” Daar is Japie, die stripper, wat oranje gloei en haar laat gril, en Mienkie, haar nuwe “beste” vriendin.

Schutte se karakterisering van die ander meisies op die bus is in die kol. Ons almal ken “daai” meisie en kan aanklank vind met haar uitbeelding van die oorgretige verloofde, die meisies wat ten alle koste ’n ring aan die vinger wil kry, wat met mekaar wedywer vir die beste henpartytjies met die beste temas en die grootste ringe, die vriende wat al wat man is aan die enkellopende wil afsmeer.

Dis stereotipes om elke draai, maar dis nie karikature nie. Die stuk deel ’n paar warm klappe uit na mans en vroue – dié wat die stereotipes van desperaatheid in stand hou en onrealistiese verwagtinge skep.

Dit beeld die eensaamheid van die groepsdier uit in neon, begelei deur ’n klankbaan van nostalgiese partytjie- en liefdesliedjies.

Ons almal ken “daai” meisie en kan aanklank vind met haar uitbeelding van die oorgretige verloofde, die meisies wat ten alle koste ’n ring aan die vinger wil kry, wat met mekaar wedywer vir die beste henpartytjies met die beste temas en die grootste ringe, die vriende wat al wat man is aan die enkellopende wil afsmeer.

Tara Notcutt het die teks oorspronklik in Engels geskryf as Last Rounds. Amy Jephta (Kristalvlakte) het die teks vernuftig in Afrikaans vertaal en sy gee aan Vicky ’n geloofwaardige stem.

Notcutt het die regie behartig en lei Schutte behendig deur die multidimensionele eenvrouvertoning.

Die beligting en musiek in die produksie is leidend in die bepaling van plek en tyd. Dit verplaas die gehoor onmiddellik na ’n ander toneel en is slim gebruik.

Humor en drama wissel mekaar goed af in dié stuk. Dit begin en eindig baie sterk, maar in die middel was daar so vyf minute wat gesny kan word of sterker gemaak kan word. Maar op die ou end maak Schutte se sterk spel en Notcutt se raak teks en slim regie van Half-leeg ’n vól produksie.

  • Half-leeg. Drama. Griesselsaal. Sondag om 16:30, Maandag om 20:00 en 3 April om 10:00.

Meer oor:  Oudtshoorn  |  Toneel  |  Kknk  |  Teater  |  Vermaak  |  Kunstefees  |  Krit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Krit Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.