Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Leer op 'n prettige wyse meer oor whisky
Chris Koch kyk op ’n ander manier na whisky. Foto: Clifford Roberts

Dis maar moeilik om nie sommer in te spring en net ’n sippie van een van die glasies voor jou te vat terwyl ons wag vir Scotch-kenner Chris Koch om sy verskyning te maak nie.

’n Mens kan darem ’n ruikie steel, of hoe?

Voor elk van die mense by Donderdag se aanbieding in die Bibsaal staan daar vyf enkelmout-whiskies. Buite val die reën sag, nes die weer in hul land van herkoms.

Koch is vanjaar ná vier jaar terug by die KKNK, oudergewoonte met ’n nuwe invalshoek vir sy “solovertoning”.

Hierdie is ’n inleiding tot whisky, met die fokus op ’n handjievol wyduiteenlopende Skotse voorbeelde – die sogenaamde Skoonlief en die Ondier waarop hy sy “fabel vir grootmense” baseer.

Hy maak nie melding daarvan nie, maar daar is ’n paar draadjies wat deur sy klas hier in die Klein- Karoo saamloop: die Skotse geskiedenis van Oudtshoorn se argitektoniese geskiedenis, en die klein distilleerderye wat in die omgewing uitblink (en ’n besoek die moeite werd maak).

Sonder om te veel weg te gee, Koch het ’n paar interessante props wat hy tydens sy vertoning vanjaar gebruik – tot by die laaste skyfie van sy PowerPoint-vertoning. Dit sorg beslis vir ’n bietjie komedie, iets wat soortgelyke proeë meer behoort te gebruik.

Snobisme ontmoedig dikwels nuwelinge van die geleentheid om die hoogste kuns van distillering te ervaar. Dit is beslis nie die geval by Koch nie. Die hoogtepunte vir die skrywer en seker vir almal daar ook, was beslis die vyf sterre wat op die tafel voor ons uitgestal was. Wie sou kon dink whiskies kon verskil in reuk en geur van amandels en perskes tot teer op tou?

Hierdie is beslis nie ’n teaterstuk nie, maar wel ’n lekker manier om 70 minute te verwyl en iets nuuts te leer.

  • Skoonlief en die Ondier: ’n Whisky-storie slegs vir volwassenes. CJ Langenhoven Bibsaal. Saterdag 14:00 en 18:00; Sondag 18:00; 2 April 14:00, 18:00; 3 April 14:00; 4 April 14:00.
Meer oor:  Oudtshoorn  |  Kos-En-Wyn  |  Kknk  |  Vermaak  |  Kunstefees  |  Krit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Krit Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.