Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Lewe se stampies pla my nie, sê Piet
Piet Matipa: “Ek speel met Die Taal.” Foto: Marlene Malan

Nee, die lewe het hom g’n dwarsklap gegee nie, maar in dié boek van hom, Dwarsklap, klap sy moedertaal, Afrikaans, die sweep, “want ek skryf soos ek praat – ek speel met Die Taal!”

So het die vonkelende Piet Matipa Saterdag vertel oor sy boek met essays “oor die lewe, oor wat ek waarneem, oor die dinge wat my gelukkig maak”.

En was dit nie vir Matipa se welluidende stem en onblusbare energie nie, sou sy entoesiastiese gehoor hom glad nie kon hoor nie – weens die diep doef-doef-doef van die basklanke langs die lokaal waar die Boekgesprek­reeks plaasvind en die stroom feesgangers in die Netwerk24-feestent wat hul persoonlike gesprekke ewe welluidend voortgesit het.

Matipa het egter sjarmant daarin geslaag om sy gehoor in die holte van sy hand te hou met sy vertellings oor sy gelukkige jare in ’n kinderhuis, sy universiteitsdae op Potchefstroom waar hy en sy mede-eerstejaars ’n band teen die seniors gesmee het, sy dae as joernalis by Beeld en sy lewe nou as sepiedraaiboek- en rubriekskrywer.

“Die lewe gee ons almal maar ’n stampie hier en ’n stampie daar, maar van kleins af het ek my nie deur sulke dingetjies laat onderkry nie.”

Die lewe gee ons almal maar ’n stampie hier en ’n stampie daar, maar van kleins af het ek my nie deur sulke dingetjies laat onderkry nie.

Matipa het nie teruggedeins van die moeilike kwessies nie . . . gay wees, rassekwessies in Suid-Afrika en Christenskap. “Ek is ’n Afrikaanse Christen. Ek is gay en openlik daaroor – ek is wie ek is. Dit pla my dat ons land se mense nog nie aan onsself as een nasie dink nie – wittes dink swartes wil hulle doodmaak, en swartes dink elke witte is ’n rassis. As jy na my kyk, is ek die een wat hierdie hele nasie verteenwoordig.”

Intussen sit hy rustig – en soms woelig – sy loopbaan voort met die beste stuk gereedskap wat hy kán hê – Afrikaans.

“Afrikaans is pragtig. Dis ’n kragtige en ryk taal met lieflike woorde soos koekemakranka, poespas en lekker . . . wie praat nog van nice? Ek dink en droom in Afrikaans. Ek het Afrikaans aangeneem as my kind, nes ek destyds deur die kinderhuis aangeneem is.”

Meer oor:  Piet Matipa  |  Oudtshoorn  |  Kknk  |  Vermaak  |  Boeke  |  Kunstefees  |  Krit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Krit Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.