Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Lolly: Jy mag nie uitstap nie. Blý.
Ameera Conrad is Lolly. Foto: Nardus Engelbrecht

Lolly is verleidelik. Dít het jy al agtergekom voordat jy nog by die Uitkamptent in is. Lolly (Ameera Conrad) en ook die regisseur (Dara Beth) is albei geklee in skoolrokkies. Hulle dans suggestief vir verbygangers, lok jou met pruilmondjies en kort rokkies in hul tent in.

Lolly is ’n skoolmeisie wat vir die gehoor in vier maklike YouTube-hoofstukke ’n paar “handige” lesse kom leer. Die video-episodes is ’n hulpmiddel vir mans en vroue om mekaar beter te verstaan, om mekaar te verlei en te bevredig.

Laat ek dit só stel: Sy gebruik nie die piesangs en aarbeie om vrugteslaai mee te maak nie. As jy weet wat ek bedoel.

Soos die programnotas verduidelik: Lolly “is alles wat jy ooit sal begeer, alles wat elke televisieprogram jou oortuig jy verdien. Mans, sy is elke skoolmeisiefantasie wat jy al gehad het, elke laatnagprogram. Dames, sy is elke beeld wat jy nastreef, elke stoute gedagte waaroor jy al gebloos het.”

Dara Beth (regisseur en skrywer) verduidelik dat Lolly verwys na die hele Lolita-kompleks en die skoolmeisiefantasieë. Die eerste episode begin jou eers liggies streel en geleidelik, met elke episode, word dit meer grafies, meer intens en op die man/vrou af. Dit word duidelik dat Lolly wel ’n skoolmeisie is en al haar “ervaring” is te “danke” aan haar wiskundeonderwyser.

Ek het nog nooit uit ’n teater gestap nie. Maar die “stoute” Lolly het my geraps en verlei en gekielie en ek was op die punt om my sak te pak en uit te loop.

Die ongemak bou op. Party gehoorlede lag om die banaliteit te verwerk. Ander lag uit pure plesier. Maar met elke episode word die spanning net ’n bietjie stywer, word die atmosfeer net ’n bietjie strammer, word die speelsheid minder speels en meer intens. Die spanning laai op soos een van die penis-grafieke teen die bord agter Lolly. Jy weet die klimaks kom ál nader, maar dit raak amper onuithoudbaar.

Conrad en Beth se teks is uitdagend. Die konsep is briljant aanmekaar gesit om die gehoor met hulself te konfronteer en te flous. Conrad se toneelspel is sterk en laat jou vel kriewel van ongemak. Ná die klimaks spoeg sy jou uit – jy voel asof jy om die hoek wil gaan staan en rook.

Ek het nog nooit uit ’n teater gestap nie. Maar die “stoute” Lolly het my geraps en verlei en gekielie en ek was op die punt om my sak te pak en uit te loop. “Gelukkig” het die ontknoping, of sal ek eerder sê die uitklophou, net betyds gekom voor ek kon oppak en uitstrompel.

Hierdie is een van die kragtigste 20 minuut-teaterstukke wat ek in ’n lang tyd gesien het. Die sosiale kommentaar is snydend, die introspektiewe reaksie wat hul ontlok, nodig.

Ek het nog vir ure daarna gevoel asof iemand op my bors sit. Jy mag nie uitstap nie. Sit. Bly. Kom kyk. Ons kyk al vir té lank weg.

  • Lolly. Uitkampteater. Daagliks voor die Absa Burgersentrum van 10:00 tot 12:00 en van 15:00 tot 19:00.

Meer oor:  Oudtshoorn  |  Toneel  |  Kknk  |  Teater  |  Vermaak  |  Kunstefees  |  Krit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Krit Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.