Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
My ma was reg: Jy moet na David Kramer gaan luister!
David Kramer Saterdagaand in die Burgersentrum. Foto: Jaco Marais

Hy het lanklaas by die KKNK opgetree, maar wanneer hy wel hier is, is daar nie plek vir ’n muis in die teater nie.

In ’n stampvol Burgersentrum het David Kramer met sy kenmerkende energieke vertoning met Platteland die gehoor op hul voete gehad.

Saam met ses van sy “beste vriende en vyande” – Carlo Daniels, Anray Amansure, Nick Turner, Sean de Vries, Dylan Roman en Kerryn Torrance – het hy van sy ou treffers gesing, sowel as liedjies van sy nuwe CD Wakkerslaap.

“Ná tien jaar het ek ’n nuwe CD opgeneem. Al weet ek hy gaan nie baie verkoop nie,” het hy met sy kenmerkende groot oë gesê.

Ná afloop van die vertoning het mense tougestaan om die CD te koop.

Van sy liedjies het David self gesing, ander het hy vir van die ander kunstenaars op die verhoog gegee om te sing. Vir die sangeres Anray Amansure het hy die lied “Ek het my les geleer” verwerk tot ’n stadige blues-styl sodat dit by haar stem kon pas.

Sy liefde vir die mense rondom hom is duidelik in die manier wat hy met sy vriende omgaan.

’n Hoogtepunt van die aand was toe hy sy slag met kletsrym probeer het, en hom uitstekend van sy taak gekwyt het. Die storie van die bank robber en sy life of crime is eie aan Kramer se unieke vertelstyl, en die gehoor kon nie genoeg kry nie.

Op die skerm agter hom het foto’s deurentyd verskyn, wat deur sy broer, die skilder John Kramer, geneem is. “My broer is lief vir die geboue in klein dorpies. Ek is natuurlik lief vir die ménse in klein dorpies.”

Ná ’n aangrypende “Skipskop” het hy die vertoning afgesluit met “Ek kô huistoe” saam met sy kenmerkende dansie, wat die gehoor laat jil het.

My ma het altyd vir my gesê ’n mens moet ten minste een keer in jou lewe ’n David Kramer-konsert gaan kyk. Platteland bewys net weer my ma is altyd reg.

Meer oor:  David Kramer  |  Oudtshoorn  |  Kknk  |  Vermaak  |  Kunstefees  |  Krit  |  Musiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Krit Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.